Suid-Afrika het nou meer as 1 337 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 12 267 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 337 926 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 37 105 nadat nog 254 sterftes aangemeld is: 22 in die Oos-Kaap, 13 in die Vrystaat, 59 in Gauteng, 40 in KwaZulu-Natal, 16 in Mpumalanga, 26 in Noordwes, ses in die Noord-Kaap en 72 in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 1 098 441 mense reeds van die virus herstel, dit is ’n herstelkoers van 82,1%.
Suid-Afrika het tot dusver 7 613 470 toetse vir Covid-19 gedoen, 54 696 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 186 771 | 14% |
Vrystaat | 70 511 | 5,3% |
Gauteng | 361 881 | 27% |
KwaZulu-Natal | 279 974 | 20,9% |
Limpopo | 47 207 | 3,5% |
Mpumalanga | 53 409 | 3,9% |
Noordwes | 51 380 | 3,8% |
Noord-Kaap | 29 558 | 2,2% |
Wes-Kaap | 257 235 | 19,3% |
Totaal | 1 337 926 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 9 444 | 169 937 | 7 390 |
Vrystaat | 2 462 | 57 985 | 10 064 |
Gauteng | 6 946 | 309 572 | 45 363 |
KwaZulu-Natal | 6 318 | 209 640 | 64 016 |
Limpopo | 739 | 38 007 | 8 461 |
Mpumalanga | 785 | 44 096 | 8 528 |
Noordwes | 783 | 36 945 | 13 652 |
Noord-Kaap | 496 | 24 593 | 4 469 |
Wes-Kaap | 9 132 | 207 666 | 40 437 |
Totaal | 37 105 | 1 098 441 | 202 380 |


O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Herstelkoers = hersteldes/(hersteldes+sterftes) = 96,7%.
Steeds word Pfizer-verwante sterftes en nagevolge verswyg deur media (ook ons “no fear no favor”-kanaal). In Noorwee het 23 tagtigjariges (13 in ouetehuis) gesterf kort na Pfizer- inenting. In Portugal het ‘n 41-jarige verpleegster gesterf twee dae na ‘n Pfizer-inenting.