Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 392 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 11 761 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig dat 1 392 568 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 40 076 nadat nog 575 sterftes aangemeld is: 129 in die Oos-Kaap, 37 in die Vrystaat, 166 in Gauteng, 133 in KwaZulu-Natal, 18 in Mpumalanga, 15 in die Noord-Kaap en 77 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 201 284 mense reeds van die virus herstel, dit is ’n herstelkoers van 86%.

Suid-Afrika het tot dusver 7 882 846 toetse vir Covid-19 gedoen, 62 251 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap189 55914%
Vrystaat72 7115,3%
Gauteng375 76127%
KwaZulu-Natal295 94920,9%
Limpopo52 8473,5%
Mpumalanga58 0593,9%
Noordwes53 7283,8%
Noord-Kaap30 5682,2%
Wes-Kaap263 38619,3%
Totaal1 392 568100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap9 984175 7083 867
Vrystaat2 59360 6949 424
Gauteng7 396336 05432 311
KwaZulu-Natal7 177242 40446 368
Limpopo1 00444 7007 143
Mpumalanga84950 5076 703
Noordwes86340 16512 700
Noord-Kaap54225 5994 427
Wes-Kaap9 668225 45328 265
Totaal40 0761 201 284151 208

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Die Wolf ·

Oos Kaap aktiewe gevalle? Gemiddeld 100 sterftes per dag! Hoe nou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.