Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 477 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 376 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 1 477 511 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 46 473 nadat nog 183 sterftes aangemeld is: 27 in die Oos-Kaap, 24 in die Vrystaat, 45 in Gauteng, 12 in KwaZulu-Natal, drie in Limpopo, 21 in Mpumalanga, 19 in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en 30 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 363 947 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 92%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 511 410 toetse vir Covid-19 gedoen, 15 599 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap192 84613,1%
Vrystaat77 6995,3%
Gauteng394 62926,7%
KwaZulu-Natal321 36721,8%
Limpopo59 7744%
Mpumalanga67 5154,6%
Noordwes58 4974%
Noord-Kaap32 6582,2%
Wes-Kaap272 52618,4%
Totaal1 477 511100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap10 975178 9492 922
Vrystaat2 89066 5808 229
Gauteng8 660379 3436 626
KwaZulu-Natal9 091289 26823 008
Limpopo1 49656 1622 116
Mpumalanga1 09464 0242 397
Noordwes1 02750 4457 025
Noord-Kaap60228 4293 627
Wes-Kaap10 638           250 74711 141
Totaal46 4731 363 94767 091

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dirk Mostert ·

Meer as 50,000 toetse voor die Kersvakansie teenoor 15,000 nou. Is dit nodig om uit te spel wat aan die gang is met die covid-statistieke?

Danie ·

Dirk, as minder mense siek voel of siek raak is dit mos logies dat daar minder toetse gaan wees. Mens laat toets jou mos nie as jy nie simptome het nie.

Francois Le Cochon ·

As jou familie deel is van die 1376, ja. As jou familie nie deel is van die 1376, dan nee.

Pio ·

Hoekom word die mense wat positief toets, nie met Ivermectin behandel nie? Of, gee vir die helfte Ivermectin en die ander die Covid entstof. Die probleem vir die regering is, die entstof kom dalk tweede.

Dirk Mostert ·

Soos ek dit verstaan is die entstof net veronderstel om te keer dat jy aansteek (stimuleer ontwikkeling van teenliggaampies). As jy reeds siek is stop hulle jou in die hospital en is ‘n ventilator jou voorland. Of bly tuis met Ivermectin.

Anti-Verkramp ·

Die entstof gaan heel waarskynlik voorkom dat jy baie siek (of enigsins siek word) as jy wel aansteek omdat jou liggaam dan reeds daarteen bestand is.

Francois Le Cochon ·

Pio, jy vra ‘n vraag. Jou antwoord sal jy op Melck & Co se webblad kry. Hulle is die vervaardigers van Ivermektien.

Buks ·

Ek wonder waneer gaan die media nou ophou om die sogenaamde statistieke eensydig in ons kele te probeer afwurg? Kan julle dalk alle sterfgevalle insluit van bv vigs en TB en gewone griep sodat ons n meer gebalanseerde begrip kan kry? Regtig dit lyk of daar net een virus bestaan in die wereld want jy hoor niks van die ander meer nie.

Charles ·

Buks, jou antwoord sal jy kry by Rockefellar Foundation se Scenarios for future of technology and international development, bl 18-21

Phillip ·

Met 92% herstel koers regverdig dit nie eens n lockdown nie.

Anti-Verkramp ·

Die idee is om die virus te beheer en so ver as moontlik die effektiwiteit te verminder en op ‘n vlak te hou wat ons kan hanteer. Wat gaan gebeur indien hierdie virus so muteer dat dit ‘n baie hoe sterftesyfer tot gevolg het? Ons moet nou optree sodat ons nie later met ‘n gemors sit wat ons nie kan hanteer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.