Suid-Afrika het nou meer as 1 554 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 366 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 554 975 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 53 173 nadat nog 62 sterftes aangemeld is: een in die Oos-Kaap, 11 in die Vrystaat, agt in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal, vyf in Mpumalanga, 30 in Noordwes en vyf in die Noord-Kaap.
Tot dusver het 1 480 632 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.
Suid-Afrika het tot dusver 10 055 899 toetse vir Covid-19 gedoen, 35 874 sedert die vorige verslag.
Meer as 283 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Donderdag teen Covid-19 ingeënt.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 195 575 | 12,6% |
Vrystaat | 84 059 | 5,4% |
Gauteng | 416 353 | 26,8% |
KwaZulu-Natal | 334 794 | 21,5% |
Limpopo | 63 332 | 4,1% |
Mpumalanga | 75 834 | 4,9% |
Noordwes | 64 425 | 4,1% |
Noord-Kaap | 36 758 | 2,4% |
Wes-Kaap | 283 845 | 18,3% |
Totaal | 1 554 975 | 100% |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 373 | 183 985 | 217 |
Vrystaat | 3 705 | 78 891 | 1 463 |
Gauteng | 10 396 | 403 473 | 2 484 |
KwaZulu-Natal | 10 263 | 318 869 | 5 662 |
Limpopo | 2 241 | 60 847 | 244 |
Mpumalanga | 1 359 | 73 512 | 963 |
Noordwes | 1 526 | 60 634 | 2 265 |
Noord-Kaap | 830 | 33 058 | 2 870 |
Wes-Kaap | 11 480 | 267 363 | 5 002 |
Totaal | 53 173 | 1 480 632 | 21 170 |


Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.
Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.
5 Kommentare
Ja mnr Mkhize, blah blah blah. Sal hy more die derde vlaag aankondig of word die 4 de en 5 de vlaag nou beplan?
Ek dink vir absolute deursigtigheid moet alle mense wat sterf weens die inenting ook aangedui word. Elke persoon wat die inenting ontvang het en binne 28 dae sterf moet ook vir ons gewys word dat ons kan sien hoe “veilig” die eksperimentele inenting werklik is.
Tyd vir nuwe propaganda hierdie is nou al afgesaagd
Skerp toename in toetse (kyk na grafiek).