Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Dept. van gesondheid)

Suid-Afrika het nou meer as 1 554 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 366 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 554 975 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 53 173 nadat nog 62 sterftes aangemeld is: een in die Oos-Kaap, 11 in die Vrystaat, agt in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal, vyf in Mpumalanga, 30 in Noordwes en vyf in die Noord-Kaap.

Tot dusver het 1 480 632 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 10 055 899 toetse vir Covid-19 gedoen, 35 874 sedert die vorige verslag.

Meer as 283 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Donderdag teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap195 57512,6%
Vrystaat84 0595,4%
Gauteng416 35326,8%
KwaZulu-Natal334 79421,5%
Limpopo63 3324,1%
Mpumalanga75 8344,9%
Noordwes64 4254,1%
Noord-Kaap36 7582,4%
Wes-Kaap283 84518,3%
Totaal1 554 975100%

 

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 373183 985217
Vrystaat3 70578 8911 463
Gauteng10 396403 4732 484
KwaZulu-Natal10 263318 8695 662
Limpopo2 24160 847244
Mpumalanga1 35973 512963
Noordwes1 52660 6342 265
Noord-Kaap83033 0582 870
Wes-Kaap11 480267 3635 002
Totaal53 1731 480 63221 170

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jakes

Ja mnr Mkhize, blah blah blah. Sal hy more die derde vlaag aankondig of word die 4 de en 5 de vlaag nou beplan?

Kosie

Ek dink vir absolute deursigtigheid moet alle mense wat sterf weens die inenting ook aangedui word. Elke persoon wat die inenting ontvang het en binne 28 dae sterf moet ook vir ons gewys word dat ons kan sien hoe “veilig” die eksperimentele inenting werklik is.

Wim

Tyd vir nuwe propaganda hierdie is nou al afgesaagd

Dirk Mostert

Skerp toename in toetse (kyk na grafiek).