Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld  

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Suid-Afrika het nou meer as 1 566 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 089 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 566 769 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 53 736 nadat nog 25 sterftes aangemeld is: ses in die Oos-Kaap, agt in die Vrystaat, vier in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, drie in Mpumalanga en drie in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 490 143 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 9 690 819 toetse vir Covid-19 gedoen, 25 155 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap195 85012,5%
Vrystaat85 8885,5%
Gauteng419 59126,8%
KwaZulu-Natal335 74321,4%
Limpopo63 5884,1%
Mpumalanga77 0504,9%
Noordwes65 8734,2%
Noord-Kaap37 9392,4%
Wes-Kaap285 24718,2%
Totaal1 566 769100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 444184 141265
Vrystaat3 78379 9672 138
Gauteng10 524406 1852 882
KwaZulu-Natal10 335319 8645 544
Limpopo2 25161 035302
Mpumalanga1 38274 672996
Noordwes1 63261 7562 485
Noord-Kaap85833 7763 305
Wes-Kaap11 527268 7474 973
Totaal53 7361 490 14322 890

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Covid-19 se daaglikse satistieke word nou gogga maak vir baba bang. Daar is groter probleme wat aangespreek moet word nou voordat die hele land brand. Die ramptoestand is magsmisbruik.

Piet ·

Die stert wil die hond swaai…………
Hierdie desperate poging om die huidige diktatorskap te verleng gaan aanhoudend op die manier verleng word. heel moontlik ‘n paar jaar voor verkiesings weer ‘n rol gaan speel. Die “Covid en rasisme kaart” is nou die hoof wapen van die regerende party om beheer te behou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.