Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 574 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 385 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand bevestig dat 1 574 370 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 125 nadat nog 59 sterftes aangemeld is: drie in die Oos-Kaap, agt in die Vrystaat, 30 in Gauteng, 13 in KwaZulu-Natal en vyf in Limpopo.

Tot dusver het 1 500 360 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 10 508 510 toetse vir Covid-19 gedoen, 26 934 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap195 96712,4%
Vrystaat87 3305,5%
Gauteng421 59826,8%
KwaZulu-Natal336 22821,4%
Limpopo63 7594,0%
Mpumalanga77 6454,9%
Noordwes66 7594,2%
Noord-Kaap39 0822,5%
Wes-Kaap286 00218,2%
Totaal1 574 370100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 510184 234223
Vrystaat3 82780 8892 614
Gauteng10 597407 9763 025
KwaZulu-Natal10 365320 8315 032
Limpopo2 26161 195303
Mpumalanga1 39375 312940
Noordwes1 70662 4662 587
Noord-Kaap88234 9943 206
Wes-Kaap11 584272 4631 955
Totaal54 1251 500 36019 885

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bolander ·

Dit sal baie interessant wees hoeveel mense oor dieselfde tydperk betrokke was in motor ongelukke per provinsie en hoeveel mense hul lewens so verloor het, vir perspektief oor die impak van COVID op ons land.

Francois Le Cochon ·

Bolander, dit is ook baie interessant dat lamtjops duurder kos as groenboontjies. Ek stel voor dat jy gesels met mense wat meer as een familielid moes begrawe binne n paar weke agv. Covid, vir beter perspektief. My vrou se vriendin wat n onthaal besigheid bedryf naby n “upmarket” privaat begraafplaas, het baie sulke gevalle gehad die afgelope jaar.

Boerkind ·

Jy maak ‘n baie relevante opmerking Bolander… ek het self by die dood omgedraai met Covid 19 (was lank in hospitaal), maar ek vra ook wat die egte, regte sterfgevalle van suiwer Covid is – met die nodige respek en sensitiwiteit teenoor diegene wat geliefdes aan die dood moes afstaan. Iets maak nie sin nie. En nou kom die ongetoetste inentings met nog meer onsekerhede. En dit vir ‘n plandemie met ‘n 95% herstelkoers….

Thom ·

Die inperkings het die hoeveelheid gevalle wat voorgekom het versprei ___ wat dink jy sou gebeur het as jy lank in ‘n hospitaalgang moes wag ? Ons fasiliteite en dienste sou nie hoë druk kon kanteer nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.