Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

‘n Gesondheidswerker maak gereed om ‘n vrou in Parkview, Johannesburg, vir Covid-19 te toets. (Foto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 613 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 585 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 613 728 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 55 210 nadat nog 27 sterftes aangemeld is: twee in die Vrystaat, tien in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, ses in Mpumalanga, een in die Noord-Kaap en drie in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 524 352 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94,4%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 115 048 toetse vir Covid-19 gedoen, 27 543 sedert die vorige verslag.

Meer as 478 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap196 59212,2%
Vrystaat94 6215,9%
Gauteng434 59726,9%
KwaZulu-Natal338 02920,9%
Limpopo64 4494%
Mpumalanga79 9505%
Noordwes71 0534,4%
Noord-Kaap44 6512,8%
Wes-Kaap289 78618%
Totaal1 613 728100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 615184 612365
Vrystaat4 01884 9765 627
Gauteng10 875416 0517 671
KwaZulu-Natal10 459321 7775 793
Limpopo2 33661 718395
Mpumalanga1 42177 4291 100
Noordwes1 79864 4894 766
Noord-Kaap97937 7005 972
Wes-Kaap11 709275 6002 477
Totaal55 2101 524 35234 166

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Zweli boer weer op die tv. Dit hou niks goeds in nie. Ons wag nog net op moeder-julle-sal-luister. Dit klink na ‘n droewige winter wat voorlè ok met Eskom wat steeds die liggie-in-ons-lewe wil wees. Ace gaan sekerlik die koue verder aanblaas en liewe oompie Zuma wil nog ‘n sliepslapbandboekie op die hofrakke plaas. Kan ons nie eerder soos beertjies maak en hiberneer tot volgende lente nie?

Adam Adriaan ·

Wonder hoeveel van hulle het reeds die entstof gevat?

KB ·

Ons hoor daar is ‘n styging…toegegee.

Kyk ons egter na die aktiewe gevalle:
Lyk dit tog bitter skeef in vergelyking met Limpopo en OosKaap se syfers. Dit lyk my verder: óf iemand kan nie somme maak nie, óf daai twee provinsies is vd buitewêreld afgesny.

Verder wil ek my verstout om te beweer dat lg. provinsies “fantastiese” medici en hospitale het! (Maar ons ingeligtes weet wat die toestant daar is).

Hou dus liefs hierdie propaganda uit die nuus. Dis baie skeef en onwaar.

Net my beskeie mening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.