Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

(Argieffoto: Unsplash)

Altesaam 5 668 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesaam 3 534 131 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 14%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (25%) aangemeld, gevolg deur Gauteng (23%) en die Wes-Kaap (20%). Die totale aktiewe gevalle is 142 810.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 92 649 nadat nog 119 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 3 298 672 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 93,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 21 611 050 toetse vir Covid-19 gedoen, 40 487 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 255 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 8 535 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 28,5 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap5827 016
Vrystaat33012 357
Gauteng1 31012 657
KwaZulu-Natal1 43261 409
Limpopo2162 670
Mpumalanga2322 252
Noordwes2388 479
Noord-Kaap17711 257
Wes-Kaap1 15125 073
Totaal5 668142 810

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 603313 257
Vrystaat7 246173 600
Gauteng20 2861 117 262
KwaZulu-Natal15 401554 584
Limpopo4 179137 274
Mpumalanga2 037175 528
Noordwes4 448168 976
Noord-Kaap2 47891 022
Wes-Kaap20 971567 169
Totaal92 6493 298 672

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Neestemmer ·

Wonder hoekom dit nog enigsens nuuswaardig is of mense griep/verkoue gevalle het en of Nios weet die Amerikaanse CDC het laasweek erken die PCR toetse is nie akkuraat nie.

VaalDonkie ·

Ja dis presies waarom ek se mens moet net kyk na hospitaalopnames en sterftes. Selfs al is daar verwarring tussen “met covid” en “aan covid”, is dit darem nogsteeds ‘n meer akkurate prentjie van die omvang van die probleem. As 100 mense per dag sterf aan COVID is dit erg, maar dis net effe meer as die daaglikse moord syfer.

Charles ·

“It is the first time in history that the ineffectiveness of a medicine is being blamed on those who haven’t taken it.”
Dr Robert Malone

Danie ·

Ek is baie dankbaar dat die gevalle so afneem en dat die sterftes ook minder raak. Pro of anti- ent, om lewens te spaar deur natuurlike immuniteit en entstof is altyd goeie nuus. Mag 2022 vir ons net goed wees.

VaalDonkie ·

Ja daar stem ons saam. Ek is rerig moeg vir hierdie ding. Nie net vir die virus nie, maar ook vir die magsvergrype en domastrandheid van die owerhede en werkgewers.

VaalDonkie ·

Tereg, Andre. Klomp studies wys dat dit gevaarlik en onnodig is om geprik te word as jy die ware Jakob gehad het.

Toy ·

Ek wonder hoeveel waarheid hier in steek, daar word gese mense is dood aan Covid dan was hulle dood aan iets anders, Covid kry die skuld vir alles deesdae dit word nou holrug gery mens is nou al so dik vir Covid dit is om van naar te raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.