Suid-Afrika het nou meer as 646 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 960 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig dat 646 398 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 15 378 nadat nog 113 sterftes aangemeld is: 19 in KwaZulu-Natal, 19 in Gauteng, 16 in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, 18 in die Wes-Kaap, 24 in Mpumalanga en 15 in die Noord-Kaap.
Tot dusver het 574 587 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 88,9%.
Suid-Afrika het tot dusver 3 884 166 toetse vir Covid-19 gedoen, 20 713 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 87 222 | 13,5% |
Vrystaat | 41 250 | 6,4% |
Gauteng | 214 486 | 33,2% |
KwaZulu-Natal | 115 939 | 17,9% |
Limpopo | 14 059 | 2,2% |
Mpumalanga | 25 540 | 4% |
Noordwes | 26 935 | 4,2% |
Noord-Kaap | 12 919 | 2% |
Wes-Kaap | 108 048 | 16,7% |
Totaal | 646 398 | 100% |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 3 035 | 82 842 | 1 345 |
Vrystaat | 812 | 27 516 | 12 922 |
Gauteng | 3 900 | 189 825 | 20 761 |
KwaZulu-Natal | 2 392 | 105 530 | 8 017 |
Limpopo | 258 | 13 141 | 660 |
Mpumalanga | 466 | 24 167 | 907 |
Noordwes | 310 | 21 673 | 4 952 |
Noord-Kaap | 165 | 9 447 | 3 307 |
Wes-Kaap | 4 040 | 100 446 | 3 562 |
Totaal | 15 378 | 574 587 | 56 433 |
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Ek wonder net oor hierdie “suksesverhaal” Ons mediese sorg is onder verdenking maar ons presteer as 3e wêreld land beter as enige ander land? Is dit die Kubane word wondere verrig ,is dit werlkike syfers of is dit net die ANC wat hulle swak hantering van die inperking wil wys dat hulle eintlik lewensredders is? Ek dink hulle bedrieg ons.
Herstelkoers van 88,9% maar ons bly langer in lockdown. Mmmmmm kook die boeke julle kry mos geld vir elke nuwe Covid geval al is nie Covid nie.
Regering wil die koffers nog leër maak genade
Gogga maak vir baba bang. Toe griepsterftes in 2018 byna 37 000 bereik het was daar geen sprake van ‘n pandemie nie. Die hoogs-aansteeklike TB veroorsaak 60 000 sterftes per jaar. Maar 16 000 of dalk 18 000 covid sterftes is skielik ‘n pandemie en nasionale ramp. Hoofsaaklik deur propaganda, aangeblaas deur die media, opgediep.
Iets maak nie sin nie. Gauteng se sterftesyfer vergelyk met die van die oos-Kaap terwyl ons infeksiekoers amper drie keer so hoog is. Internasionaal is die herstelkoers ongeveer 55%, maar in Suid Afrika is dit 88%. Kan hierdie syfers vertrou word?