Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Zweli Mkhize/Twitter)

Suid-Afrika het nou meer as 655 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 128 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 655 572 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 15 772 nadat nog 67 sterftes aangemeld is: drie in die Oos-Kaap, 20 in KwaZulu-Natal, 13 in Gauteng, 12 in die Wes-Kaap en 19 in Limpopo.

Tot dusver het 585 303 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 89,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 983 533 toetse vir Covid-19 gedoen, 22 354 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap87 77613,4%
Vrystaat43 0416,6%
Gauteng216 34133%
KwaZulu-Natal117 14717,9%
Limpopo14 4442,2%
Mpumalanga26 1044%
Noordwes27 7214,2%
Noord-Kaap14 0032,1%
Wes-Kaap108 99516,6%
Totaal655 572100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 05883 6291 089
Vrystaat83828 75913 444
Gauteng3 960192 08120 300
KwaZulu-Natal2 469107 7326 946
Limpopo34413 511589
Mpumalanga49624 675933
Noordwes32522 9484 448
Noord-Kaap18210 5163 305
Wes-Kaap4 100101 4523 443
Totaal15 772585 30354 497

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Om te se die herstelkoers is 89.3% is totaal verkeerd en misleidend en fop nuus Dit bring nie mense wat A simptomaties was en herstel het in ag nie Wat beteken die herstel koers is amper 100%

Vriendelike Frikkie ·

Statistiek is vir die redenaar soos die lamppaal vir die dronke; hy staan nie daar vir die lig nie, maar vir die ondersteuning.

Johan ·

Wie bevestig die “statistiek”? Dit hang mos af hoeveel mense jy toets…die uitslag moet dus altyd wees ” per populasie” soos 5 per 1miljoen wat getoets is het verkoue. Dit kan nie net wees 250 in SA het verkoue nie, hoeveel is getoets daardie dag……ek dink die is nonsens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.