Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Suid-Afrika het nou meer as 665 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 906 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 665 188 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 16 206 nadat nog 88 sterftes aangemeld is: twee in die Oos-Kaap, 18 in KwaZulu-Natal, 11 in Gauteng, 22 in Limpopo, nege in Noordwes, 13 in Mpumalanga en 13 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 594 229 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 89,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 083 757 toetse vir Covid-19 gedoen, 19 640 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap88 42013,3%
Vrystaat44 9436,8%
Gauteng218 11532,8%
KwaZulu-Natal118 17417,8%
Limpopo14 9062,2%
Mpumalanga26 7124%
Noordwes28 5284,3%
Noord-Kaap15 5602,3%
Wes-Kaap109 83016,5%
Totaal665 188100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 08684 1081 226
Vrystaat83829 44514 660
Gauteng4 095193 88920 131
KwaZulu-Natal2 604108 8396 731
Limpopo38413 790732
Mpumalanga50925 317886
Noordwes35024 5263 652
Noord-Kaap18911 8443 527
Wes-Kaap4 151102 4713 208
Totaal16 206594 22954 753

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

gehasie ·

Etlike hospitale het bykans geen Covid pasiënte gehad nie en daar is ‘n sterk vermoede dat die enigste werklike mediese behandeling diè was van die Covid Statestieke wat gedokter is. ‘n Tweede vlaag word wêreldwyd genoem! Tweede vlaag van wat? Dieselfde groep wat in 26 jaar die land tot in die afgrond gedryf het is verantwoordelik vir die Covid statestieke? Die ekonomie van die land en wêreld lê in die intensiewe eenheid! Laat mens wonder!

Charles ·

Tyd sal nog leer wat hul plan is met die kamtige virus, sover word ons vryhede al meer beperk.

Jan ·

Daar word met groot oë gekyk na die sogenaamde tweede golf in Europa wat deur onafhanklike navorsers as ‘n “toetsdemie” bestempel word want daar is geen ooreenstemmende styging in sterfgevalle nie. Laasgenoemde feit en die perspektief wat dit moet bring word egter gerieflikheidshalwe deur die media verswyg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.