Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld

Minister Zweli Mkhize. Foto: @DrZweliMkhize/Twitter

Suid-Afrika het nou meer as 681 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 573 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 681 289 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 16 976 nadat nog 38 sterftes aangemeld is: 37 in Gauteng en een in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 614 781 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 269 626 toetse vir Covid-19 gedoen, 18 113 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap89 85313,2%
Vrystaat48 4037,1%
Gauteng220 91032,4%
KwaZulu-Natal119 60817,6%
Limpopo15 8032,3%
Mpumalanga27 5914%
Noordwes29 9274,4%
Noord-Kaap17 7462,6%
Wes-Kaap111 44816,4%
Totaal681 289100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 12885 3011 424
Vrystaat1 05934 57912 765
Gauteng4 299197 19419 417
KwaZulu-Natal2 743110 9165 949
Limpopo39114 678734
Mpumalanga56126 374656
Noordwes37026 8382 719
Noord-Kaap22114 7102 815
Wes-Kaap4 204104 1913 053
Totaal16 976614 78149 532

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Jacobus

Dit is tragies dat enige statistiek wat vrygestel word met ‘n groot mate van agterdog beskou word. Dit is skrikwekkend om tussen misleidende uitlatings werklike ingeligde besluite te neem. Of is dit presies wat die eintlike agenda beoog.