Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld  

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Altesaam 151 209 bevestigde gevalle van Covid-19 is nou in Suid-Afrika aangemeld – ʼn toename van 6 945 gevalle in die afgelope 24 uur.

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het gesê nog 128 Covid-19-verwante sterftes is in dié tydperk aangemeld. Dit bring die land se dodetal op 2 567 te staan. ʼn Bykomende 52 sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld, 36 in Gauteng en 25 in die Oos-Kaap.

Altesaam 73 543 pasiënte het egter in dié stadium reeds van Covid-19 herstel.

Volgens Mkhize is 1 630 008 toetse tot op hede uitgevoer waarvan meer as die helfte (52%) in die private sektor gedoen is.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap27 68618,3%
Vrystaat1 5141%
Gauteng42 88128,4%
KwaZulu-Natal9 6746,4%
Limpopo1 1310,7%
Mpumalanga1 1900,8%
Noordwes4 1872,8%
Noord-Kaap4650,3%
Wes-Kaap62 48141,3%
Totaal151 209100%

 

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap42214 081
Vrystaat9385
Gauteng21610 534
KwaZulu-Natal1263 602
Limpopo10520
Mpumalanga7464
Noordwes7651
Noord-Kaap1186
Wes-Kaap1 85943 120
Totaal265773 543

 

 Ouderdomme:

OuderdomSterftesPersentasie
0-930,1%
10-1970,3%
20-29411,5%
30-391586%
40-4933012,4%
50-5963323,8%
60-6969426,1%
70-7947718%
80-892438,8%
90-99612,3%
Onbekend190,7%
Totaal2 657100%

 Geslag:

Mans (%)Vroue (%)OnbekendTotaal
1 395 (52,5%)1 259 (47,4%)3 (0,1%)2 657

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
marius

Hoeveel toetse is in limpopo deur sy departement gedoen ? NIE privaat hospitale en klinieke wat verplig word en waarvoor daar uit jou eie sak betaal moet word nie . Hoeveel ?

Kobus

Geslag Sterftes: 3 Onbekend? Dalk moes hulle net die lanken vinnig opgetel het om te sien of dit ‘n hy of sy was….

Amanda

n Skool by ons het posetiewe gevalle maar die onderwysers en kinders word nie deur die dept van gesondheid getoets nie. Nou wil hulle die hele land terug na vlak wat ook al sit. Nee wat, die ANC regering moet homelf eers regruk voordat hy die landsburgers kan STRAF. Gister in koerante gelees daar is hospitale waar vrouens in gange kraam. Ramaphosa het belowe met begin van inperking hulle soek die tyd om voor te berei vir groter volumes besetting????????Wat het hulle so danig in al daai weke gedoen. Pleks hy voed sy People op. Nou net 5 huiswerkers verby… Lees meer »

Magda

WHO CARES – ME NOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOO