Altesaam 3 658 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 564 578 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 9,2%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng en KwaZulu-Natal (22% elk) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (20%). Die totale aktiewe gevalle is 90 653.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 93 551 nadat nog 100 sterftes aangemeld is, waarvan 30 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.
Tot dusver het 3 371 004 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 94,7%.
Suid-Afrika het tot dusver 21 885 117 toetse vir Covid-19 gedoen, 39 654 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 198 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 7 363 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 29 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 329 | 3 955 |
Vrystaat | 191 | 8 560 |
Gauteng | 814 | 8 548 |
KwaZulu-Natal | 794 | 34 179 |
Limpopo | 305 | 2 431 |
Mpumalanga | 191 | 1 717 |
Noordwes | 202 | 6 016 |
Noord-Kaap | 87 | 6 038 |
Wes-Kaap | 745 | 19 189 |
Totaal | 3 658 | 90 633 |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 15 817 | 318 967 |
Vrystaat | 7 325 | 178 604 |
Gauteng | 20 361 | 1 127 851 |
KwaZulu-Natal | 15 593 | 587 131 |
Limpopo | 4 199 | 139 664 |
Mpumalanga | 2 041 | 177 506 |
Noordwes | 4 466 | 172 796 |
Noord-Kaap | 2 497 | 97 312 |
Wes-Kaap | 21 272 | 580 543 |
Totaal | 93 551 | 3 380 374 |


O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Een dag is dit AF, ander dag is dit OP. NOU MAAK JOU DAMN MINDS OP!
Die spuite raak soos kroniese medikasie, behalwe kronies hou jou darrem ten minste aan die lewe.
Die konsert opvoering te spoed op… Tyd vir ‘n pouse.
Die duime is al moeg gesuig
Vandag sê hulle honderd is dood waarvan 30 die afgelope 24 tot48 uur. Nou wat van die ander 70? Gister was dit ‘n ander getal. Wat word van die wat nie in 24 tot 48 uur val nie? Wanneer is hulle dan oorlede of het dit niks met die griep te doen nie? Op die oomblik gaan meer mense in motorongelukke in 24 tot 48 uur dood en dieselfde met moord. Maar dit is niks, solank jy net nie griep het nie. TB, VIGS en ander aansteeklike siektes het nou verdwyn. Mense kry ook nie meer hartaanvalle, beroertes, kanker esm… Lees meer »