Suid-Afrika het nou meer as 1 575 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 101 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 575 471 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 148 nadat nog 23 sterftes aangemeld is: sewe in die Oos-Kaap, vier in die Vrystaat, sewe in Gauteng, vier in KwaZulu-Natal en een in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 1 501 185 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.
Suid-Afrika het tot dusver 10 530 979 toetse vir Covid-19 gedoen, 22 469 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 195 979 | 12,4% |
Vrystaat | 87 568 | 5,6% |
Gauteng | 421 880 | 26,8% |
KwaZulu-Natal | 336 297 | 21,3% |
Limpopo | 63 784 | 4,0% |
Mpumalanga | 77 706 | 4,9% |
Noordwes | 66 893 | 4,2% |
Noord-Kaap | 39 255 | 2,5% |
Wes-Kaap | 286 109 | 18,2% |
Totaal | 1 575 471 | 100% |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 517 | 184 264 | 198 |
Vrystaat | 3 831 | 80 928 | 2 809 |
Gauteng | 10 604 | 408 357 | 2 919 |
KwaZulu-Natal | 10 369 | 320 831 | 5 097 |
Limpopo | 2 261 | 61 219 | 304 |
Mpumalanga | 1 393 | 75 440 | 873 |
Noordwes | 1 706 | 62 517 | 2 670 |
Noord-Kaap | 882 | 35 089 | 3 284 |
Wes-Kaap | 11 585 | 272 540 | 1 984 |
Totaal | 54 148 | 1 501 185 | 20 138 |
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Glo niks wat hier of enige ander dag gese word nie, my dogter wag nog van Junie 2020 vir haar uitslag, moes dit privaat laat doen het om haar te laat terug keer werk toe. SO BLAL BLAL LBLlLlLlLlLAAAAAAA
95% herstel, is dit nie reeds kudde immuniteit nie?
Wie (met gesonde verstand) glo hierdie syfers?
Oos Kaap, Limpopo, Mpumalanga en die Noord Kaap se syfers getuig van swak monitering. In die eerste drie provinsies woon miljoene. Wil enigeen vir my sê die syfers is geloofwaardig? Ag asb. man!
Elke Maandag is die syfers laag, en dan klim dit soos die week vorder. Hoeveel personeel doen hul werk nougeset oor ‘n naweek in hierdie land?!
Hierdie berigte skep valse indrukke, myns insiens. Dis ‘n vermorsing van kosbare tyd.