Covid-19-statistieke: Sowat 166 000 aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 7 209 nuwe gevalle van Covid-19 is landwyd bevestig.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die algehele getal nuwe gevalle (7 209) is laer as ʼn dag tevore (11 215) én laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae (13 646).

Daar is in hierdie stadium 166 139 aktiewe gevalle, terwyl totale gevalle op 2 302 304 staan. Altesame 2 069 085 mense het tot dusver van die koronavirus herstel.

Die positiwiteitskoers is in hierdie stadium 27,3%.

Nog 221 nuwe Covid-19-verwante sterftes is bevestig, wat die algehele sterftesyfer op 67 080 te staan bring.

Altesame 26 407 toetse is die afgelope 24 uur gedoen.

Toetse gedoen:

  • Private sektor: 12 360
  • Staatsektor: 14 047
  • Totaal: 26 407

Die meeste gevalle is steeds in Gauteng (36%), gevolg deur die Wes-Kaap (17%), Mpumalanga (10%), KwaZulu-Natal (9%), die Oos-Kaap, Limpopo en Noordwes (7% elk), die Vrystaat (4%) en die Noord-Kaap (2%).

Nog 533 mense is in die voorafgaande 24 uur in hospitale vir Covid-19-behandeling opgeneem. Hiervan word 9 429 in private hospitale behandel en 7 313 in staatshospitale.

Altesame 223 969 inentings teen Covid-19 is Maandag gedoen en meer as 5,3 miljoen mense is reeds teen die virus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Esme ·

En op watter stadium gaan ons hoor van die sogenaamde Kuddie Immuniteit of is dit ook maar net ‘n mooi woord wat in werklikheid nie bestaan nie?

Francois Le Cochon ·

Meer as 70% ingeent is, en geen nuwe geval(le) binne 14 dae. Dit beteken so oor 5 jaar.

jou gewete ·

die kudde imuniteit wat ek vermoed jy van praat word blykbaar bereik met sowat 60% van bevolking ingeent. hulle het oorsprongklik gepraat ven 42 miljoen hie by ons. teen huidige tempo sal dit nog ongeveer 39 maande duur so dus teen November 2025. Hoop dit antwoord jou vraag. Vermoed Wes Kaap sal heelwat vroeer wees as hulle net gelos word om aan te gaan op hulle eie

Anoniem ·

Die Covid sterfte syfer bly maar laag, nog nie eendag geglo die syfers is korrek nie.
Daar is op sterfte sertifikate “Natuurlike oorsaak/oorsake” aangebring. Met my eie oog gesien.
Dus kan hul syfers in geen omstandighede korrek wees nie.

Francois Le Cochon ·

Swerwer, niks is wat jy dink dit is, totdat jy die regte feite het.

Pio ·

Algehele sterftes 67 000. Bevolking 58 500 000. Dus EEN uit elke 100 000 mense oor die afgelope
16 maande.
Gebasseer hierop, regverdig inperkings die ineenstorting van ons Ekonomie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.