Covid-19-statistieke: Sowat 450 nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand altesaam 2 917 255 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 453 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 50 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 88 674 te staan bring.

Altesaam 2 808 160 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 20 421 aktiewe gevalle van Covid-19.

Altesaam 28 339 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 16 032 (57%) in die private sektor en 12 307 (43%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (23%), gevolg deur Gauteng (21%), Wes-Kaap (19%), Vrystaat (10%), Mpumalanga (9%), Noord-Kaap (7%), Noordwes (6%), Oos-Kaap (5%) en Limpopo (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • KwaZulu-Natal: 103
  • Gauteng: 94
  • Wes-Kaap: 84
  • Vrystaat: 46
  • Mpumalanga: 40
  • Noord-Kaap: 30
  • Noordwes: 26
  • Oos-Kaap: 24
  • Limpopo: 6

Die departement het aangedui dat altesaam 20 580 832 inentings teen Dinsdagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frank John

Die syfers spring omtrent rond en bond.

Papsak

Ek stem hulle weet self nie hoe is die syfers nie dan op dan af het hy dan nie sy piek bereik nie lekker ou speletjie ne hoe lank nog ha haaaaaa