Covid-19-statistieke: Sowat 80 000 aktiewe gevalle

Terwyl pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand verskerpte maatreëls aangekondig het om die tweede vlaag Covid-19-infeksies te stuit, staan Suid-Afrika se bevestigde koronavirusgevalle in hierdie stadium op 886 127.

Teen Maandagaand het 762 746 mense het reeds van die virus herstel.

Altesaam 5 163 nuwe gevalle is aangemeld nadat meer as 25 000 toetse in dieselfde tydperk vir die virus gedoen is.

Nog 175 sterftes is ook bevestig. Van hierdie sterftes was 93 in die Oos-Kaap, 16 in die Vrystaat, vier in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, vyf in Noordwes, 20 in die Noord-Kaap en 32 in die Wes-Kaap. Dit bring die land se algehele sterftesyfer op 23 451 te staan, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.

Daar is tans net-net minder as 80 000 aktiewe gevalle van die virus landwyd.

Só lyk aktiewe gevalle:

Oos-Kaap: 17 176

Vrystaat: 4 098

Gauteng: 9428

KwaZulu-Natal: 12 220

Limpopo: 636

Mpumalanga: 648

Noordwes: 1 240

Noord-Kaap: 1 913

Wes-Kaap: 25 571

Totaal: 79 930

Ramaphosa het gisteraand gesê die daaglikse gemiddeld van nuwe gevalle oor die afgelope sewe dae is 74% hoër as gevalle oor die vorige sewe dae.

Die getal sterftes het in dieselfde tyd met byna 50% toegeneem van net meer as 100 sterftes per dag tot meer as 150.

Die Oos-Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng is die vier provinsies wat die meeste gevalle oplewer. Ramaphosa het ook gesê vir die eerste keer in die pandemie is die meeste nuwe infeksies onder jong mense, veral diegene tussen 15 en 19 jaar oud.

Nadat die Nelson Mandelabaai-metro vroeër reeds tot brandpunt verklaar is, is die Sarah Baartman- en Tuinroete-distrik nou ook by dié lys gevoeg, het Ramaphosa gesê.

Die strenger maatreëls wat vir die streke ingestel is, geld reeds sedert middernag.

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
M

80 000 – in die eerste plek bevraagteken ek hierdie getal en tweedens 80 000 (volgens HUL statistieke) van +- 60 miljoen bevolking – en hul punt is???? Hoeveel van hierdie 80 000 is WERKLIK gehospitaliseer????????. Het enigiemand al daaraan gedink om ELKE dag statistieke te toon van kankergevalle / tuberkulose / HIV / hartaanvalle / beroertes ens ens ens – vra maar net

annie

Volg die syfers die kurwe of die kurwe die syfers? Of speel ons nou in die WGO-span vir entstof-skenkings? SA kan nie eens die koueketting vir vars melk volhoubaar maak nie, wat nog -80° vir entstof. Wil iemand nie vir die mediese wetenskap iets meer vindingryks lewer as spuitnaalde en botteltjies vir entstof nie. ‘n Eenmalige eenvoudige apparaatjie met die regte dosis en kort skerp pennetjie byna soos vir diabetes kan klaar voorbereid koud bly, reg vir vinnig toedien en weggooi in ‘n verseèlde houer.

Piet

Tans is ons eintlik in die “normale fase” vir hierdie virus. Die wereldgemiddeld is omtrent 20% positief van die aantal getoets.

Jacobus

Dear Mr President. You and your co-cadres have now all but shut down everything that has worked before. Your governmental cadres are being paid in full and probably quite happy jolling it in the Sandton and Durban clubs. Older people (taxpayers by the way) are leading a life of misery and due to their risks and lack of money are simply required to remain quiet – boot on neck. Meanwhile back in Lethuli House and Union Buildings the looters and the corrupt cadres are simply sitting,waiting for the next windfall. If only this was a piece of satire and not… Lees meer »

Konrad

Lyk asof hulle so gou moontlik die 1 miljoen syfer wil aanteken. Dit dra meer gewig en en meer drakoniese maatreëls kan dan afgedwing word. Oudpresidente sal dit ook makliker kan voorlees.