Covid-19-statistieke: Steeds meeste gevalle in Gauteng, Wes-Kaap, Noordwes

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 7 657 nuwe gevalle van Covid-19 is aangemeld te midde van die derde vlaag koronavirusgevalle wat die land in ʼn greep het.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) staan die positiwiteitskoers nou op 17,2% en daar is 1 747 082 laboratorium-bevestigde Covid-19-gevalle. Meer as 12,1 miljoen toetse is tot dusver vir die virus gedoen. Altesame 44 560 toetse is sedert die vorige verslag gedoen.

Altesame 1 606 581 mense het reeds van die virus herstel.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (64%), gevolg deur die Wes-Kaap (9%) en Noordwes (7%).

ProvinsieNuwe gevalle op 13 Junie 2021
Oos-Kaap155
Vrystaat379
Gauteng4 891
KwaZulu-Natal338
Limpopo171
Mpumalanga283
Noordwes521
Noord-Kaap256
Wes-Kaap663
Totaal7 657

Nog 632 mense is in hospitale landwyd opgeneem en ʼn bykomende 59 sterftes is bevestig.

SektorHospitaleOpnamesSterftesTans in hospitaal
Privaat254132 35521 6615 076
Staat396151 22136 0702 495
Totaal650283 57657 7317 571

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
VaalDonkie

Die meeste gevalle is daar waar die meeste mense bly

Bushy

Is dit nie ironies nie. Oral waar ek kom is dit baie duidelik dat mense steur hulle eenvoudig nie aan die virus nie. Of hulle is baie baie stupid, of hulle is net bloot gatvol of beide. So omtrent drie weke gelede was daar laat een middag iets by n hoerskool naby my waar daar letterlik honderde mense indien nie oor n duisend ouers en kinders byeengekom het nie.
The herd mentality.