Covid-19-statistieke: Steeds minder as duisend nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 947 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig, wat die algehele getal laboratoriumbevestigde gevalle op 2 914 827 te staan bring. Altesame 2 802 980 mense het reeds van die siekte herstel.

Die nuwe gevalle is effens hoër as dié van ʼn dag tevore (942) en is ook hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (724), sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Die nuwe gevalle verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 2,7% en sowat 35 000 toetse vir die virus is sedert die vorige dag se verslag gedoen.

In hierdie stadium is daar 23 341 aktiewe gevalle van die virus landwyd.

Nog 40 sterftes is ook bevestig en 88 506 mense is sedert die uitbreking van die pandemie weens Covid-19 dood.

ʼn Kwart van alle nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal, gevolg deur die Wes-Kaap (20%), Gauteng (14%), die Noord-Kaap (12%), die Vrystaat (11%), die Oos-Kaap (8%), Noordwes (6%), Mpumalanga (4%) en Limpopo (1%).

Nog 84 mense is in hospitale opgeneem vir behandeling van Covid-19 en tans word 5 149 mense landwyd daarvoor behandel.

Volgens die nasionale departement van gesondheid is 215 438 dosisse van die entstof Donderdag toegedien wat die algehele syfer op 19,89 miljoen dosisse te staan bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Shakespeare ·

Lyk my die “Statistieke” word aangepas met die naderende verkiesing.

Anel ·

En om die voortslepende inperking en noodtoestand te regverdig!

Dirk Mostert ·

34,000 van 35,000 toetse was onnodig. Slegs 84 hospitaalgevalle onder die 947 wat positief getoets het. Van die 22,341 “aktiewe gevalle” is slegs 5,149 in hospitale landwyd.

Francois Le Cochon ·

Baie mense se cholestrol toetse is ook negatief, dus was die cholesttol toetse onnodig gedoen.

Andre ·

Gelukkig word die cholestrol toetse darrem seker ook daaglikse voorbladnuus.

Dirk Mostert ·

Ek het sowat 30 jaar gelede positief getoets vir cholesterol. Daarna nooit weer laat toets nie. Ek wed ek is gesonder as jy!

Francois Le Cochon ·

Nicolaas, maak dit eerder alkhol vrye bier, spesifiek Devils Peak Hero!

Nicolaas ·

Die ergste… die 34,000 onnodige toetse = ±R21,250,000.00

MakersMark ·

Wie is jy om te besluit of mense getoets moet word of nie ? Miljoene mediese toetse word elke dag wêreldwyd gedoen positief of nie. Mense gee om vir hul gesondheid.

Anoniem ·

Andre gesien hoekom jy gemodereer word as jy vals nuus plaas moet jy dit verwag.

Belinda ·

Nou wat het ek nou gemis? hoesit nou weer so baie?… Snaaks.
Ek het gedink die getalle was in elk geval gedokter sodat ons van die rooi (riool) lys kon af…

Papsak ·

Ja die verkiesing mos om die draai en covid mos n lekker woordtjie op die tong om te gebruik om ons wittes gehok te hou op alles ek n aap maar n ou aap kyk deur hulle plannetjies

Anoniem ·

En hier het ons papsak se daaglikse rassistiese aanmerking

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.