Covid-19-statistieke: Sterftekoers effens minder

(Grafika: pixabay)

Die bevestigde getal Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het teen Sondagaand op 97 302 gestaan nadat 4 621 nuwe gevalle van die virussiekte bevestig is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê nog 53 Covid-19-verwante sterftes is bevestig. In Gauteng is agt nuwe sterftes aangemeld, in KwaZulu-Natal een, in die Oos-Kaap is 17 nuwe sterftes bevestig en in die Wes-Kaap is nog 27 sterftes aangemeld.

Dit bring die getal sterftes op 1 930 te staan.

Mkhize het gesê die sterftekoers is in dié stadium 1,98% en tot dusver het 51 608 (53%) van diegene wat die virus opgedoen het, reeds daarvan herstel.

Meer as 34 000 nuwe toetse is die afgelope 24 uur gedoen.

ProvinsieSterftesPasiënte wat reeds herstel
Oos-Kaap2857 738
Vrystaat9264
Gauteng1224 673
KwaZulu-Natal842 594
Limpopo4246
Mpumalanga1176
Noordwes5248
Noord-Kaap1110
Wes-Kaap1 41935 559
Totaal1 93051 608

 

OuderdomSterftesPersentasie
0-930.2
10-1550,3
20-29261,3
30-391166,1
40-4924412,6
50-5947124,4
60-6950626,2
70-7934217,7
80-891618,3
90-99452,3
Onbekend110,6
Totaal1 831100

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius ·

Die berekening van die sterfte koers op die totale aangemelde virus gevalle, word verkeerd gedoen.
Die % sterfte koers moet slegs bereken word op die totale gevalle, wat of herstel, of wat gesterf het. Nuwe gevalle moet nog of herstel, of sterf, en kan mos dus nie in berekening gebring word nie.

Tot dusver is daar 51608 mense wat herstel het, en 1930 sterftes. ‘n Totaal van 53538. Dus is die sterfte koers 3.6%, en nie 1.9% nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.