Covid-19-statistieke: Syfers klim weer effens

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Altesame 305 nuwe gevalle van die koronavirus is Woensdag in Suid-Afrika aangemeld.

Dié getal is hoër as die aantal nuwe getalle ʼn dag tevore (245), en hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die afgelope sewe dae (270).

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 0,9%.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke is daar is nou 16 426 aktiewe virusgevalle in die land.

Die meeste nuwe gevalle is Woensdag weer in Gauteng (30%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (17%), KwaZulu-Natal (14%), die Vrystaat (9%), Noordwes (8%), Mpumalanga en die Noord-Kaap (7% elk), die Oos-Kaap (6%) en Limpopo (3%).

Nog 48 Covid-19-verwante sterftes is bevestig, wat die totale aantal sterftes op 89 435 te staan bring.

Altesame 3 723 mense word tans vir die koronavirus in die hospitaal behandel nadat nóg 33 mense sedert die vorige verslag opgeneem is.

Minstens 2 924 622 mense in Suid-Afrika het al Covid-19 opgedoen, waarvan 2 818 761 reeds herstel het.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 130 514 dosisse van die entstof Woensdag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Stefaan ·

Ons moet seker regmaak vir die vierde golf wat voorspel word vir Desember.

christo ·

Ja eweskielik tel die getalle nou weer op.so asof dit beplan word

Vriendelike Frikkie ·

100% reg. Solank as wat mense domastrant is met inentings gaan die golwe bly kom. Heeltemal voorspelbaar.

Andre ·

Ja, vir seker. En hoe meer domastrant mense betaal word om te spuit.

Jaco ·

ek sidder vir Desember vanjaar: dan is die Wes-Kaap weer skielik, sommer oornag, die middelpunt van ‘n hoë 100% opgemaakte 4de golf, word strande gesluit en kry wit toeristebesighede aan die kus weer báie seer. Dan is wit mense se tradisionele “vakansie by die see” ook WEG.
Maklik 90% van die ANC-regering se anti-Corona maatreëls is eintlik anti-wit maatreëls. Dis volledig gemik teen wit mense, wit besighede en “die rassistiese DA” in die Wes-Kaap.

Vriendelike Frikkie ·

Jaco, die virus het nie oë nie. Hy kan nie sien wie hy beïnvloed nie. Wit, swart, rooi of groen, almal kry swaar.

Anel ·

Almal kry nie ewe swaar nie want slegs swar bedighede mag mos aansoek doen vir hulp. Meeste van die wat die R350 kry glo ek ook is nie wit nie. Hierdie is net ‘n set.

Jakkie ·

Nee die virus het nie, maar die magsbehepte cANCer kan sien wie hy beïnvloed!!

Harley Davidson ·

Hy is baie intelegent want hy gaan weg vir die verkiesing en na die verkiesing is hy weer terug met volle mag ,hoe verklaar jy dit.

Josua ·

Solank julle aanhou om die snert te glo gaan die swaarkry nie ophou nie, kan enige van die gevalle bewys word en waarom word daar nie op nadoodse ondersoeke aangedring deur die regering nie so wat wil hulle wegsteek al ooit hieraan gedink, nou verstaan jy waar die swaarkry vandaan kom en dit het duidelik uit die laaste stemmery uitgekom want valsheid sal nooit waarheid oorheers nie en mense is besig om die valsheid en korrupsie agter te kom maar nadat n paar miljoen mense reeds hul stem verloor het onnodiglik punt.

Irma ·

Hoe weet die virus hy moet weer vanaf 4 Desember begin amok saai en chaos veroorsaak? Darem baie eienaardig.

Jacobus ·

Kan slegs saamstem Jaco. Wat meer ontstellend is,is die na-praters. Ons word met Corona geïntimideer en medici met die monster van NGV. Maar as dit by verdigsels kom ,moet jou geheue jou nie in die steek laat nie.

Anel ·

Dit moet optel om ons nog verder in die perk. Dit is mos een van die dae die 15de. Daar moet mos ‘n rede wees hoekom ons dan nog ingeperk moet word. Ek kan op ‘n manier verstaan dat daar dalk nog ‘n golf in die noordelik halfrond kan wees, want dit is WINTER. Hier dit is heelremal onmoontlik. Die SOMER!!! Die virus is bang vir warm weer en sonlig. Almal in die land is nie brerinloos nie. Nou moet ons begin opstaan en saamstaan teen die belaglikheid!!!!

VaalDonkie ·

Die Europeers mag mos weer kom vakansie hou hier. Dit sal seker as verskoning gebruik word

Andre ·

Ek wonder watter toets word gedoen om die virus te vind? Ek vertrou dis nie nog steeds die pcr nie.

Androclus ·

Ek hoor daar is of was faktore wat die 4de golf glo gekniehalter het vir Desember,maar hy kom nou in Januarie,ek kan nie glo dat sogenaamde prof’s so kan dink nie.

Madeleine ·

En hoeveel mense is aan Ander viruses oorlede? Stats asb?

Cobus ·

Sal wel insiggewend wees om ander siekte syfers ook elke dag op MM, nuus ,koerante ,TV ,Radio te sien en te hoor om alles in perspektief te plaas. Maar dit sal natuurlik nie gebeur nie ,want dit pas nie die naratief wat verkoop word nie. Vrees moet aangeblaas word.

Danie ·

Die geleerdes kruip weer oral uit met hul nagevorsde opinies

Andre ·

Die wat moeite doen om iets na te vors weet darrem iets, maar ai, al die sosialemediabeïnvloeders met hulle betaalde kennis.

Andre ·

Byvoorbeeld, dat die CDC, jy weet hopelik wie hulle is, oor die pcr se toets metode onder andere waarsku:
• Detection of viral RNA may not indicate the presence of infectious virus or that 2019-nCoV is the
causative agent for clinical symptoms.
• The performance of this test has not been established for monitoring treatment of 2019-nCoV
infection.
• The performance of this test has not been established for screening of blood or blood products
for the presence of 2019-nCoV.
• This test cannot rule out diseases caused by other bacterial or viral pathogens.
Maar jy het dit seker geweet. Selfs modereerder ook.

Anoniem ·

Verwys ons na die CDC document, nie net ‘n uittreksel van iets heeltemal uit verband nie. seker van yournews of so iets.

Andre ·

Danie, as MM toelaat dat skakels geplaas kan word, kan jy dalk ook weet. Maar factcheckers is mos al wat geglo word. En sosialemediabeïnvloeders. Waarvoor help die spuit in ieder geval? As daar nou al ‘n vierde “booster” is, help die eerste drie dan nie?

Anoniem ·

Hier is ‘n paar Google navorsers wat baie meer ingelig is as die mense wat dit vir ‘n lewe doen

Jacob ·

Ons weet nou al dat die entstof se doeltreffendheid na 3 maande drasties daal, na 6 maande amper nutteloos is en na 201 dae kan dit reeds natuurlike immuniteit negatief beïnvloed het. In vitro toetse het getoon dat die mRNA in entstowwe die kern van selle kan indring en die vermoë van die DNA om beskadigde selle te herstel, kan inhibeer. Dit is volgens navorsing deur die Umea en Stockholm Universiteite in Swede en volgens Dr peter McCullough kan dit op die langer termyn tot kanker lei.

Is dit nie tyd dat ons kyk na Uganda waar maskers weggegooi is en die lewe grootliks na normaal teruggekeer het as gevolg van kudde immuniteit wat deur natuurlike infeksies bereik is nie? In die afgelope 24 uur is daar slegs 70 nuwe gevalle aangeteken en was daar net 1 sterfte wat met Covid 19 verbind kon word.

Danie ·

Jy vertrou nie die entstof se navorsing nie maar wel Uganda se syfers?

Jacob ·

Danie, nee ek vertrou nie die entstof navorsing nie. Dit het enkele dae gelede aan die lig gekom dat Pfizer resultate manipuleer het, verskeie navorsingstukke het bewys dat sommige van die entstowwe se doeltreffendheid tot sowat 13% of veel minder val na 200 dae en Johnson & Johnson se enkel dosis wil blyk te wees ‘n enkel dosis elke 3 maande.

Kyk na deurbreek gevalle, kyk na sterftes in Brittanje en kyk na die nuwe vlaag in Duitsland, kyk na die verskille (of ooreenkomste) tussen aansteeklikheid en infeksie onder ge-entes en onge-entes en sê eerlik dat die entstowwe werk. Volgens my oortuiging is dit ‘n dodelike klug.

Francois Le Cochon ·

Ek dink Covid toetse moet bietjie opsy staan vir IK toetse., en die stats hiervan moet bekend gemaak word.

Nicolaas ·

Ja beslis veral die mense wat gespuit is en hoeveel vrees nogsteeds binne hulle is

Josua ·

Mariska, dit is duidelik watter kant jy voorstaan maar wil ek net vir jou sê mev, elke persoon wat hom skuldig maak en ‘n bydrae lewer tot verdere onnodige sterftes regoor die wereld juis omdat hulle inligting weerhou gaan pa staan vir hul dade of jy daarvan hou of nie, ek was self siek met Covid wel dit is wat vir my gesê was my vrou twee keer en as jy my kommentaar wat jy verwyder het mooi gelees het sal jy nou verstaan waarom ek my kommentaar gelewer het en ja baie familie en vriende naby aan ons was gespuit dit nadat hulle siek was maar gegaan het uit vrees en ja hopelik was dit slegs plasibo en nie die ware jacob nie maar die toekoms sal wel dit uitwys maar hoekom moet n mense in afwagting was om te sien jy mag dalk mense naby aan jou verloor juis agv vrees. Julle het my epos adres jy is welkom om my te epos maar ek glo julle is bewus van alles maar hoekom julle nie mense n reverdige keuse gun nie slaan my dronk.

MakersMark ·

Wie word met placebo’s ingespuit ? Of is die weer sameswering 101 ?

MakersMark ·

Sien die sameswerings teorieë loop weer dik. Lag my dood – “virus is bang vir die somer”…….dink as CV19 toetse vervang word met ik toetse gaan daar baie meer sterftes aangemeld word.

Danie ·

Nee kyk, elke week n nuwe teorie en “nagevorsde” verduidelikings. Ek wonder waneer gaan die ingeentes nou in zombies begin verander of waneer gaan “hulle” ons begin beheer?

Danie ·

Dis hartseer dat daar soveel sterftes is wat grootliks vermy kon word deur om medikasie te neem wat vrylik en gratis beskikbaar is. Ek blameer die wat valse inligting versprei en vrees aanjaag onder mense. Ek sou nie met my gewete kon saamleef nie as dit ek was wat dit gedoen het!

Nicolaas ·

Danie al wat ek hier lees is dat jy in vrees leef vir ‘n virus met ‘n 95%+ herstel koers.

Herman ·

Mmmm ja dit raak nou weer fees seisoen. Einde November hoor hoe die nuwe variante en nuwe vlaag die hoogte inskiet. En volgende jaar Februarie gaan als weer hunkie dorie wees.

Andre ·

Nogal oulik dat die CDC waarsku oor die pcr toets:
• Detection of viral RNA may not indicate the presence of infectious virus or that 2019-nCoV is the
causative agent for clinical symptoms.
• The performance of this test has not been established for monitoring treatment of 2019-nCoV
infection.
• The performance of this test has not been established for screening of blood or blood products
for the presence of 2019-nCoV.
• This test cannot rule out diseases caused by other bacterial or viral pathogens.

Anoniem ·

weereens verwys ons na die CDC artikel en nie ‘n uitreksel in yournews nie!

Anoniem ·

Ek het probeer om die CDC document te plaas maar MM vee dit uit, as jy alles lees se dit glad nie wat jy probeer bewys nie.

Andre ·

Koos, jy gaan dit nooit op yournews kry nie, dis fopnuus wat jy daar so aan klou. Die dokument is in ieder geval te groot om hier te plaas. Probeer ‘n ander verskoning.

Anoniem ·

Het die skakel probeer plaas, en dit sê glad nie wat jou paar uitgesoekte sinnetjies impliseer nie.

Rudi ·

Dit moet nou begin opgaan om die 4de golf te regverdig. Wat ‘n grap en korrupte spul..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.