Covid-19-statistieke: Tekort aan toetsmiddels pla

Die Thusong-sentrum vir Covid-19-pasiënte. (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Nog 43 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig wat die landwye totaal nou op 524 te staan bring.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand gesê 24 264 bevestigde gevalle van die nuwe virussiekte is nou in Suid-Afrika aangemeld. Dit is 649 meer sedert die vorige dag se syfers bekend gemaak is. Tot dusver het 12 741 mense – oftewel 53% – reeds van die siekte herstel.

Meer as 9 000 toetse uit 605 9911 is in die afgelope 24-uursiklus gedoen.

“As land kom ons nou te staan voor die wêreldwye uitdaging van ʼn tekort aan toetsreageermiddels [die stof wat gebruik word om toetse te doen]. Ons verstaan dit word ook ʼn al hoe groter probleem in talle ander lande,” het Mkhize gesê.

Volgens die minister probeer Suid-Afrika om die toetsmiddels van verskillende verskaffers oor die wêreld heen te bekom.

Die meeste gevalle word steeds in die Wes-Kaap bevestig. Altesaam 65,2% (15 829) van alle gevalle is in dié provinsie aangemeld. Die provinsie word gevolg deur Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

(Grafika: Elsabe Erasmus)

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Louis ·

Daar is al meer mense in die kaap getoets in vergelyking teen die ander provinsies.en die kaap is mos DA.en so wil die anc die weskaap laat sleg lyk

Loompa ·

Ek vermoed dit nog die heeltyd. Hulle maak letterlik nou alles politiekus en niks gaan meer oor die oorspronklike probleem om lewens te red nie.

Alexander ·

Een van die vernaamste redes vir die hoë infeksiesyfers in die Wes Kaap is die aanhoudende gependel tussen Wes-Kaap en Oos-Kaap vir “begrafnisse”. Die hoeveelheid begrafnisse regverdig nie lang rye taxis nie en wetstoepassing in die ANC beheerde Oos-Kaap uiters gebrekkig. Hieroor rep die Minister van Gesonheid geen woord nie. Sal eerder die Wes-Kaap regering blameer vir kwansuise swak monitering wat natuurlik loutere onsin is.

Anel ·

Ons het ‘n tekort maar ons gaan nou die res van Afrika help. MET WAT ONS WASR KRY, EN MET WIE SE GELD? Hierdie regering is stapel gek. Laat Afrika hom self help.

Leana ·

Ek verstaan nou glad nie, net vanoggend op die tv sê die staat hou hulle toets toestelle en goed na ander Afrika lande gaan stuur, maar ons het nie genoeg nie. Waar kry hulle dan die goed wat hulle na die ander lande gaan stuur?

marius ·

Hulle ruil dit vir twee boksies kruie tee vanaf madagaskar .

Mariaan ·

PRESIES my punt…ons het n TEKORT maar wil ander Afrika lande help…HOE OP DEES AARDE KAN MENS N LAND BESTUUR MET SULKE DOM MENSE???

Alleen Wolf ·

En hier dag ek hulle het die nodige voorbereiding en aankope afgehandel, ons is mos nou al by dag 60, so die ‘LOCKDOWN om voorsorg te tref was ‘n mors van tyd en het net die ekonomie GEKELDER, verder niks, die s.g. hospitale is ook nog nie klaar nie en nou storm hierdie virus op volle vaart.
Bewys maar net hulle is onbevoeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.