Altesame 1 674 nuwe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika is bevestig, wat die algehele syfer op 1 581 210 te staan bring.
Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is 19 nuwe sterftes ook bevestig. Hiervan was drie in die Oos-Kaap, een in die Vrystaat, sewe in Gauteng, vier in KwaZulu-Natal, drie in Mpumalanga en een in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Limpopo, Noordwes of die Noord-Kaap aangemeld nie.
Die algehele sterftesyfer staan nou op 54 350.
Die herstelkoers bly op 95% en 1 505 620 mense het reeds van die virus herstel.
Die getal aktiewe gevalle het ook weer toegeneem.
Aktiewe gevalle:
KwaZulu-Natal: 5 293
Noord-Kaap: 3 456
Vrystaat: 3 270
Noordwes: 3 103
Gauteng: 3 056
Wes-Kaap: 1 820
Mpumalanga: 783
Oos-Kaap: 169
Limpopo: 290
Totaal: 21 240
Volgens Mkhize is altesame 317 656 gesondheidswerkers ingevolge die regering se Sisonke-entstofprogram ingeënt.
Net minder as 30 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen. Hiervan is 60% in die private sektor gedoen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
38 Kommentare
Wanneer beplan hulle die 3de golf??? Absurd!!!!
As ons minder “ontsmetings” gedoen het was dit al oor. Natuurlike immuunstelsel sou lankal die ding uitgesort het, veral die van ons kinders, maar nou ja, mensDOM vir n rede.
By deus is toe vadoggend. Die Covid-19 variant 502(c)(11) moes my gister betrek het toe ek in die koue windjie gedraf het.
Ek wag maar vir die vierde golf. Soos ‘n geduldige branderplank-ryer.
Nee hulle sal nog moet bysitbondhou hulle se 3de golf 15mei