Covid-19-statistieke: Toename in alle provinsies

Daar was reeds ‘n 17%-styging in hospitaal-opnames. (Argieffoto: Twitter)

Nog 3 084 nuwe gevalle – ʼn styging van 0,19% – van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig wat die algehele syfer van geïnfekteerdes op 1 640 932 te staan bring.

Sterftes

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in sy daaglikse bywerking van syfers die nasionale sterfgevalkoers het teen Dinsdag op 3,4% gestaan. Nog 102 sterftes is bevestig wat die totaal op 55 976 te staan bring. Altesame 72 hiervan is Dinsdag aangemeld, terwyl 25,5% (26 sterftes) in die vorige 48 uur plaasgevind. Van die nuwe sterftes was drie in die Oos-Kaap, 32 in die Vrystaat, 36 in Gauteng, 11 in KwaZulu-Natal, en een in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Limpopo, Mpumalanga of Noordwes aangemeld nie.

Van die drie sterftes in die Oos-Kaap was twee vandeesmaand – een in die afgelope 48 uur – en nog een in Januarie. Die provinsie gaan intussen voort met sy Covid-sterfte-oudit.

In die Vrystaat, waar 32 sterftes aangemeld is, was 29 oor die afgelope maand (vyf daarvan in die voorafgaande 48 uur), een in Februarie en een in Januarie. Die provinsie is ook besig met sy Covid-sterfte-oudit.

Van die 36 sterftes in Gauteng was 17 in die afgelope 48 uur; KwaZulu-Natal het 11 sterftes in Mei aangemeld, met twee in die afgelope 48 uur. In die Noord-Kaap is 19 sterftes aangemeld. Dit sluit in altesame 15 vir Mei en vier gevalle in April. Die provinsie se sterfte-oudit duur voort. Een sterfte in die Wes-Kaap het in die afgelope 48 uur plaasgevind.

Mkhize sê daar was landwyd ʼn 17%-styging in nuwe gevalle in vergelyking met die vorige sewe dae. Alle provinsies wys steeds toenames in nuwe gevalle in vergelyking met die vorige sewe dae.

Aktiewe gevalle

Teen Woensdag was die hoogste voorkoms, per 100 000 lede van die bevolking, in die Noord-Kaap (226,9), gevolg deur die Vrystaat (101,2), Gauteng (58,4), Noordwes (52,7), Mpumalanga (24,4) en die Wes-Kaap (22,8).

Tot dusver is meer as 11,4 miljoen toetse vir Covid-19 in Suid-Afrika gedoen en net meer as 28 000 daarvan was in die vorige 24 uur. Sowat 52% van toetse word in die openbare sektor gedoen.

Mkhize sê die nuwe toetspositiwiteitskoers het ʼn positiewe persentasiestyging gehad in vergelyking met die vorige sewe dae en al nege provinsies het toenames in dié koers ondervind.

Algehele positiwiteit vir die nuwe toetse wat gedoen word, is nou 11%.

Teen Dinsdag was daar landwyd ʼn styging van 17% in hospitaal-opnames in vergelyking met die vorige week.

Die herstelkoers staan tans op 94,1% nadat 1 543 951 mense reeds van die virus herstel het. Die 41 005 aktiewe gevalle in die land weerspieël ʼn styging van 0,69% sedert die vorige 24 uur.

Inentings

Teen middernag op 24 Mei het altesame 2 838 526 mense vir die regering se massa-inentingsprogram geregistreer. Hiervan was net meer as 188 000 mense ouer as 60.

Altesame 479 768 mense het reeds die entstof ingevolge die regering se Sisonke-program ontvang, terwyl 221 136 die eerste dosis van die Pfizer-entstof ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Thom ·

Geen vrees nie ; inentings om te verhoed dat JY onskuldige mense aansteek .

Chrisp ·

As jy die inenting ontvang het kan jy nie aansteek nie?
Indien jy wel kan aansteek waarom die inenting in die eerste plek?

MakersMark ·

Inenting verseker beskerming teen infeksie met 75%, dus is daar ‘n 25% kans dat al is jy ingeënt jy nog siek kan word. Maar inenting verseker 100% beskerming teen dood agv CV19. So jy kan dalk nog siek word van CV19 maar nie so dat jou lewe bedreig sal word nie.

Thom ·

Die kanse dat ‘n geënte persoon die virus kan oordra is feitlik nul , soveel so dat in sommige state in die VSA , die dra van maskers by volledig geënte persone onnodig is .

Chrisp ·

Volgens WHO is daar 2% sterf gevalle by Covid dws 98% herstel baie beter as meeste gevaarlike siektes.
Wat ek nie verstaan nie is die herrie oor die wat die inenting voorstaan teen die wat dit teenstaan volgens die voorstaanders is daar geen dood as jy inentings ontvang nie wel ‘n kans van 25% dat jy kan siek word d.w.s soos gewone griep,indien die syfers reg is kan ‘n mens redeneer dat indien die dra van maskers noodsaaklik is(om aansteeklikheid te voorkom met 100% herstel) moet ons dan ook maskers dra vir die oordrag van griep en ander siektes indien nie ,hoekom nie?

Ek is van mening dat elke person die reg het om self te besluit en aangesien die wat dan inentings voorstaan dan geen gevaar loop nie.
Indien dit gaan oor enige ander rede soos ons betaal deur belasting (as voorbeeld) vir die “dom klomp” se genesing waarom nie maskers permanent dra vir enige oordraagbare siekte nie?

MakersMark ·

Wonder wat die afduime nie wil hoor nie ? Wat gesê is is tog waar en goeie nuus – neem die inenting en gaan aan met jou lewe. Duidelike bewyse in UK, USA en Israel. In die UK is meeste gevalle van infeksies en mense in hospitale nou die wat die inentings geweier het. Ek wonder of 21 dae in ‘n SA hospitaal se ICU regtig so aantreklik lyk ?

Stefaan ·

Natuurlik sal dit verhoog. Daar moes mos al ‘n derde vlaag hier gewees het.

annie ·

… sterftes in die Oos-Kaap… Zweli is so besig om makeup aan te plak vir sy duur shows dat sy syfers lipstick begin opdoen.

Misky ·

Ek het nou paar keer die deel gelees van sterftes (gedink ek lees verkeerd) en moet toegee dat ek nie elke dag al die statistieke kyk en lees nie. Hulle praat van die sterfte gevalle van die begin van die jaar tot nou…… sommige maande net een per provinsie. Waaroor dan so op hol gaan en dis eintlik min. Meer mense sterf daagliks in motorongelukke indien hierdie covid syfers betroubaar is. Klomp snert en meeste van SA klaar gebreinspoel en glo alles wat hulle sê

Dirk Mostert ·

‘n Styging in PCR-toets gevalle. Die PCR-toets, wat lewende en dooie coronavirusse (waaronder verkoue en griep) optel na talle konsentrasie-siklusse, is deur die WGO aanvaar sonder enige portuurbeoordeling. Dit word wyd gekritiseer deur wetenskaplikes.

Richardt ·

Wat beteken ‘n toename in gevalle?
Is dit meer mense wat positief vir enige vorm van Covid toets? Maw: Meer mense met verkoue, griep en Covid-19 aanduiders?
Of beteken dit ook dat meer mense getoets word en daarom is daar meer uitslae en daarom is daar ‘n toename in positiewe gevalle?

Wat beteken aktiewe gevalle?
Is dit die aantal mense wat in hospitale opgeneem is en daar lê in stryd vir hul lewens?
Of is dit mense wat positief getoets het vir die Corona virus groep en opvolg toetse ondergaan, totdat hul negatief toets en dan verklaar word as mense wat herstel het van Covid-19?
Is dit dus diegene wat reeds positief getoets het, maar nog nie negatief toets uitslae ontvang het nie, wat getel word as aktiewe gevalle?
Kundiges: Klaar asb bogenoemde onduidelikhede op, dankie…

Rian ·

Aktiewe gevalle is die aantal gevalle wat positief getoets het, minus sterfgevalle en gevalle wat blyk te genees het. Dit is dus daardie aantal gevalle wat daar vermoed word dat hulle steeds aansteeklik is en ander mense kan infekteer.

Richardt ·

Dankie. Maw dit is basies soos ek dit uiteengesit het:
“Of is dit mense wat positief getoets het vir die Corona virus groep en opvolg toetse ondergaan, totdat hul negatief toets en dan verklaar word as mense wat herstel het van Covid-19?
Is dit dus diegene wat reeds positief getoets het, maar nog nie negatief toets uitslae ontvang het nie, wat getel word as aktiewe gevalle?”

Bogenoemde is egter ‘n baie vae en manipuleerbare beeld wat geskep word.
Wat wel sou ‘n ware beeld skep, is as daar aangetoon word hoeveel gevalle nuut in hospitale opgeneem is, hoeveel die daaglikse totaal CV-19 pasiente in hospitale is en hoeveel van daardie gehospitaliseerdes daagliks herstel en huistoe gaan.

Dan sal daar verifieerbare getalle wees, asook ‘n ware beeld van waarmee ons te doen het.
Waarom sou daar sulke nikseggende of min-seggende statistiek gehou en publiseer word?

Oom Hennie Pennie ·

Syfers, syfers, syfers!! Ek vat alles al lankal met ‘n sak sout!

MakersMark ·

Die meeste hardkoppiges en balhoriges kerm oor hul inkomste asook die persepsie dat die mediese industrie “geld maak” uit die pandemie deur miljoene lewens te red. Waar bestaan mediese dienste teen geen insetkoste ? Oor die eeue het globale gebeure inkomste beinvloed. Alles gaan verby, CV19 ook. Kortsigtiges kerm oor maskers en geld. Wyses maak seker hul bewaar hul gesondheid en die van ander. Daar kom weer ‘n tyd vir geldmaak. As die lewe of gesondheid weg is word dit nie weer terug gemaak nie.

Jaco ·

Mark my words: die derde golf sal net mooi saamval met die Junie-Julie skoolvakansie. Strande in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gaan gesluit word. Dis warm genoeg daar om in die winter te swem. So WEG is wit mense se tradisionele vakansie by die see en WEG is wit toeristebesighede aan die kus se inkomste.
Net 10% van dié anti-wit regering se maatreëls teen Corona is regtig teen Corona. Die ander 90% is uit en uit teen wit mense gemik.
Ramaphosa het self meer as eenkeer gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.

Kobus ·

Ai Jaco, lyk my jy Sien altyd als deur n swart en wit lens, daar is ander kleure ook. Ek verseker jou die virus steur hom nie aan kleur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.