Covid-19-statistieke: Twee sterf afgelope 24 tot 48 uur

Argieffoto bloot ter illustrasie van Covid-19. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê 1 497 nuwe gevalle van die koronavirus is aangemeld, wat ’n positiwiteitskoers van 5,7% verteenwoordig.

Dié koers is laer vergeleke met die vorige verslag (6,2%) én die verslag voor dit (6,6%).

Nog 26 sterftes is intussen aangemeld, waarvan twee in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Die land se dodetal staan nou op 99 965, met minstens 3 712 263 bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika.

Nog 15 koronaviruspasiënte is sedert Nios se vorige verslag in ’n hospitaal opgeneem. Altesame 1 965 pasiënte word tans vir Covid-19 in die hospitaal behandel.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (39%) en die Wes-Kaap (27%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (20%).

Daar is tans 14 573 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het meer as 3,5 miljoen mense van die virus herstel.

Meer as 33,4 miljoen inentings is in dié stadium reeds gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 26 Maart 2022Totale gevalle tot en met 26 Maart 2022
Oos-Kaap49344 845
Vrystaat42202 183
Gauteng5901 206 594
KwaZulu-Natal294659 029
Limpopo22155 689
Mpumalanga28193 024
Noordwes43192 803
Noord-Kaap19108 837
Wes-Kaap410649 259
Totaal1 4973 712 263

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blomme ·

Ek wonder net.. Moet mens hande klap of jammer voel vir die patetiese regering se hantering van die pandemie…. Ek neig na jammerte vir hul onbevoegdheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.