Covid-19-statistieke: Tweede meeste gevalle in een dag aangeteken

Suid-Afrika het teen Donderdag 58 568 gevalle van Covid-19 aangemeld. Dit is 3 147 meer as Woensdag, die tweede meeste toename in gevalle wat nog in 24 uur aangeteken is.

Die Wes-Kaap is steeds loshande voor met 37 422 gevalle, met 1 401 nuwe gevalle wat aangemeld is. Dit is ook die grootste styging van al die provinsies. Gauteng het die afgelope 24 uur 758 nuwe gevalle aangemeld en het tot dusver ʼn totaal van 7 953 Covid-19-gevalle aangemeld. Die Oos-Kaap het die derde meeste gevalle (7 868) en het 714 nuwe gevalle aangeteken.

Die sterftesyfer was teen vroeg Donderdagaand nog nie bekend nie. ’n Totaal van 33 252 mense het wel al van die virus herstel, wat neerkom op 56% van dié wat al positief getoets het. Dié persentasie het die afgelope week stelselmatig toegeneem.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het in ʼn verklaring gesê Suid-Afrika het teen Donderdag reeds meer as 1 miljoen Covid-19-toetse uitgevoer, waarvan amper 30 000 die afgelope 24 uur uitgevoer is.

Kenners waarsku egter dit is steeds hopeloos te min toetse en dat die agterstand in die verwerking van toetse veroorsaak dat statistieke rondom Covid-19 onakkuraat kan wees. Suid-Afrika het tans ongeveer 63 000 onverwerkte toetse, het Maroela Media Dinsdag berig.

Mkhize het egter Donderdag gespog dat Suid-Afrika een van die eerste lande is om massa-toetsing en nasporing van Covid-19 te doen en het laboratoriumwerkers bedank vir hul harde werk om die bottelnek van agterstallige toetse uit te wis en die tyd wat dit vat om toetse te verwerk, te verminder.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anel ·

Om positief te toets is nog nie om te sê jy is op die rand van die graf nie. Mense toets positief en word nie eens siek nie. Nou wat nou. Hou op om so paranoïes te wees. Is nou al so keelvol vir hierdie paranoia.

Pierreli ·

Stem saan, wiskunde was nie een van hulle vakke op skool nie. Sukkel met optel en aftrek.
Ja, om positief te toets beteken hulle leef nog, nie dood nie. Net soos met HIV, hulle is positief maar lewe nog.
Hierdie is net om dieselfde tendens wat wêreld wyd toegepas word te handhaaf, hulle luister mos na WHO. WHO is deel van die poppe in die poppe meesters se kas. Net soos die WB, IMF, massa media ook deel van dit is.

marius ·

Kenners waarsku ? Die gewone man op straat het hulle gewaarsku maar slimmer as slim se baas was te slim . Die koning is kaal !

wim ·

Die hoofopskrif is misleidend.

Ja dis die 2de meeste gevalle per dag, maar mens verwag mos dat dit sal aanhou groei tot en met ‘n piek.

Die groei die laaste week het, om die waarheid te sê, stilgestaan, ja dis die 2de meeste, die meeste gevalle was 7 dae terug, en al die ander dae was heelwat laer. Ek sou sê daai deel is veronderstel om nuus te wees: In 7 dae geen nuwe piek nie.

Sedert 12 April Is dit maar die 2de keer dat dit gebeur.

Groei per dag het ook afgeneem. Nou nader aan 6% per dag oor die week, drie weke terug was dit nog 6.5%

Natuurlik sal die Wes Kaap “loshonde” die hoogste styfing hê as ‘n nommer, dit het die meeste gevalle as basis. Het iemand opgelet in persentasie hoe baie dit afgeneem het? Vergeet van persentasie, selfs in nommer per dag. Op die 4de was dit 2349 nuwe gevalle. Gister was 984 minder! Elke dag sederdien was onder 2000, en elke dag behalwe 2 het afgeneem van die dag voor dit.

Pierreli ·

Hierdie is net smoke & mirrors, net om die voorgelgde reels van WHO te volg en op die plan van ‘n sekere mr. Gates se plandemie.

Victor71 ·

Snaaks hoe n land so veel tyd het vir COVID 19 se syfers en wat van alle ander mooorde, en daaglikse misdaad, verkragtings waarin mense sterf waar is daai syfers meneer ramaphosa en wat word daaroor gedoen, of moet ek die antwoordt geee…

Pierreli ·

Stem saam met jou Victor, maar ramaphosa is nie ‘n meneer nie, meer ‘n brandwag van sy trop.

Carine ·

Het enigiemand al die navorsing gaan doen oor hoeveel sterftes daar laasjaar per dag in SA was?

Pierreli ·

Glo nie, maar ek het al somme gemaak oor die persentasie gekookte covid sterftes, en dit werk uit op 0.00257%……. (1285 sterftes, 50 miljoen in die land.) Of anders gestel, 2.57 mense uit elke 10 000 het gesterf aan die virus. vir die afgelope 58 dae.

Carine ·

SA is die land met die langste grendeltyd. Van al die Afrika lande is tabakverbod net in SA en Botswana afgedwing. Kan dit waar wees? En waarom?

Henk ·

Hoe vinniger en hoe meer mense die virus opdoen hoe beter, verstaan niemand dat dit oor immuniteit gaan nie en dat dit dit die enigeste uitweg om die ding te oorkom sonder n beskikbare teenmiddel nie. Hou op om so paranoïes te wees. Ek is nou al so gatvol vol vir dit!! Die land se ekonomie word vir niks opgeoffer nie, mense gaan van honger dood van die lockdown, maar mense gaan in elk geval elke dag dood van gewone virusse, duisende van hartaanvalle, kanker, suikersiekte en so meer en is daar n “lockdown” daarvoor nee, nou hoekom vir die virus!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.