Covid-19-statistieke: Verwagte piek kom ál nader

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: GCIS)

Altesaam 138 134 bevestigde gevalle van Covid-19 is nou in Suid-Afrika aangemeld – ʼn toename van 6 334 gevalle in die afgelope 24 uur.

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Volgens Mkhize is nog 43 Covid-19-verwante sterftes in dié tydperk aangemeld. Dit bring die land se dodetal op 2 456 te staan.

Altesaam 68 925 pasiënte het egter in dié stadium reeds aan Covid-19 herstel.

Volgens Mkhize is 1 567 084 toetse tot op hede uitgevoer waarvan meer as die helfte (51%) in die private sektor gedoen is.

Die minister het in ʼn verklaring gesê Suid-Afrika beleef tans ʼn vinnige toename in infeksies wat daarop dui dat die land soos verwag sy piek in Julie en Augustus gaan bereik.

Mkhize het verduidelik hoewel alle provinsies ʼn toename in Covid-19-gevalle gaan beleef, sal provinsies met hoë ekonomiese aktiwiteit veral deurloop. Dít sluit in Gauteng en Wes-Kaap gevolg deur die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

“Ons glo dat Gauteng binne die komende dae die meeste Covid-19-gevalle gaan hê,” het die minister verduidelik.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap25 09918,2
Vrystaat1 2790,9
Gauteng36 89526,7
KwaZulu-Natal8 4336,1
Limpopo9350,7
Mpumalanga1 0160,7
Noordwes3 6472,6
Noord-Kaap3850,3
Wes-Kaap60 44543,8
Onbekend00
Totaal138 134100

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap38712 567
Vrystaat9356
Gauteng1748 580
KwaZulu-Natal1093 417
Limpopo5413
Mpumalanga2337
Noordwes5433
Noord-Kaap1186
Wes-Kaap1 76442 636
Totaal2 45668 925

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Delon

nog nooit so bohaai oor n molshoop gesien soos die nie , en dit is vreesaanjaend hoeveel mense val vir die nonsens

Kobus

Bohaai oor n molshoop Delon, … Val vir nonsens… hoe onkundig kan mens wees en ongevoelig vir ander se lyding. Wag maar, dis nog lank nie verby nie, ek hoop nie jy of iemand naby jou moet eers iets oorkom om jou siening te verander nie.

Piet parys

En die WGO het Rsa geloof vir sy hantering van die virus . Praat te gou.

AntiMarxistZA

Dis maklik vir die minister om sulke voorspellings te maak. Soos oral in die wêreld, het die regering volle beheer oor hoe plat of styl die kurwe is, bloot deur meer of minder te toets. Sjina het byvoorbeeld op ‘n stadium alle nuwe gevalle stop gesit, slegs deur op te hou toets. Die propaganda wat redelik suksesvol, minstens meeste middelklas Suid-Afrikaners, vreesbevange het, neem glad nie die miljoene mense in ag wat reeds die virus gehad het voor ons nog daarvan geweet het nie, of a-simptomaties was, of baie ligte simptome gehad het, nooit getoets is en nooit bevestig is… Lees meer »

Lulutjie

Die covid storie raak al so vervelig. Meer mense sterf jaarliks aan griep, maar griep inspuitings is nie verpligtend nie. Meer mense sterf jaarliks aan vigs, maar seks is nie teen die wet nie. Meer boere word jaarliks vermoor, maar ons boere boer nog hulle harte uit!!! Kan ons nie eerder die statistieke van daai gevalle kry nie?