Covid-19-statistieke: Volgehoue afname in alle provinsies

(Argieffoto: Unsplash)

Daar is ʼn volgehoue afname in nuwe Covid-19-infeksies in alle provinsies en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê Gauteng, Limpopo en Noordwes is nou ook deur die derde vlaag infeksies.

“Die tendens is bemoedigend, maar ons moenie ons waaksaamheid verslap nie,” sê dr. Michelle Groome, hoof van waarneming en reaksie by Nios.

Volgens Nios is 2 967 nuwe gevalle van die koronavirus bevestig, wat die algehele syfer op 2 889 298 te staan bring. Die nuwe gevalle verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 7%.

Nog 124 nuwe Covid-19-verwante sterftes is aangemeld en tot dusver is 86 500 mense in Suid-Afrika weens die virus dood.

Meer as 17,4 miljoen toetse vir Covid-19 is reeds in die land gedoen, altesame 42 579 sedert die vorige verslag.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in KwaZulu-Natal (23%), gevolg deur die Wes-Kaap (20%), die Oos-Kaap (12%), die Vrystaat en Gauteng (11% elk), die Noord-Kaap (8%), Noordwes (7%), Mpumalanga (6%) en Limpopo (2%).

Altesame 2 750 213 mense het reeds van die virus herstel, terwyl daar tans nog 52 585 aktiewe gevalle van Covid-19 is.

Nog 187 003 inentings teen Covid-19 is Woensdag gedoen en meer as 16,5 miljoen mense in Suid-Afrika is reeds teen die virus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Casper ·

Alhoewel daar ‘n afname is ,is die totaal aktiewe gevalle nog hoog en moet daar nie verslapping wees in die beperkings maatreëls nie.Die positiewe gevalle moet ook skerp daal voordat daar gedink kan word oor opheffings van maatreëls.

Hendrik Marthinus ·

Stem Casper
Nikse verslappings net Meer inperkings, oor en oor bewys dat dit getalle afbring.
Hoe Meer inent hoe beter vir almal.
Lang naweek gaan getalle opstoot, as ek Ramaphosa was sou ek drank al verlede maand weer gestop het, want die naweek het Brandewyn nie brieke nie.
En volgende week word ons weer ingeperk oor mense wat Dink drank is alfa en omega

Esme ·

Alhoewel hierdie persentasies ‘n afname toon, kan ek net wonder wat na die naweek gaan plaasvind. Die voorspellings is daar dat dit ‘n besige, kuier naweek, gaan wees. Hoe gaan dit die positiwiteitstoets beinvloed? Lees onlangs dat die 1918 Griep na die vierde fase verdwyn het, maar Dr Reiner Veilmich se navorsing, beskikbaar op sosiale media het net weer die boosheid van die mensdom, bewys. Die feit dat landsleiers meegedoen het, om Covid 19 te dryf om die ‘Plandemie’ en sy vaksinering daar te stel.

Thom ·

Jy het die arme man se van totaal verkeerd en daar is reeds male sonder tal bewys dat hy ‘n leuenaar en ‘n bedrieër is .

MakersMark ·

Los die sameswerings teorieē cv19 het niks daarmee uit te waai nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.