Covid-19-statistieke: Wéér bitter min ingeënt

Gesondheidswerkers by die Life Fourways-hospitaal in Gauteng maak gereed om ‘n vrou vir Covid-19 te toets. (Argieffoto: Emmanuel Croset/AFP)

Suid-Afrika het Saterdag net 16 005 mense teen Covid-19 ingeënt. Dit is amper 10% van die getal wat Vrydag ingeënt is (175 740). Die regering is uit verskeie oorde gekap oor die stadige koers waarteen Suid-Afrikaners ingeënt word en die minister van gesondheid het Vrydag aangekondig dat meer geld nou beskikbaar gestel is om meer mense, veral oor naweke, in te ent.

Nog 21 610 nuwe Covid-19-gevalle is Saterdag in Suid-Afrika aangeteken. Dit beteken 28% van Suid-Afrikaners wat getoets is, het positief getoets. Dit is effens minder as Vrydag se 29,5%.

In Gauteng het 10 770 mense positief getoets vir Covid-19 en die Wes-Kaap het 2 477 nuwe gevalle aangeteken. Albei provinsies het ʼn afname in gevalle getoon in vergelyking met Vrydag se statistieke. Limpopo se syfers het redelik skerp toegeneem van 1 651 Vrydag tot 2 187 Saterdag.

Altesaam 265 nuwe sterftes is ook aangeteken, wat die algehele getal sterftes op 64 138 te staan bring. Daar is ook 580 mense in hospitale opgeneem, van wie die meeste (403) in staatshospitale.

Só lyk die syfers per provinsie:

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap719
Vrystaat583
Gauteng10 770
KwaZulu-Natal1 841
Limpopo2 187
Mpumalanga1 285
Noordwes1 451
Noord-Kaap297
Wes-Kaap2 477

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Corne123 ·

Skrap als en gaan terug na normale lewe. Dit tog duidelik hulle het geen iedee wat hulle doen nie so kan mense se lewens weer terug kon na hopenlik normaal en weer probeer sorg vir mens se gesin want so kan dit nie aangaan nie

Hendrik Marthinus ·

Cornel ek Dink 100 % mense stem saam ons moet terug keer na normaal
Maar ons moet ook net normaal Dink, sonder herd immunity Kan ons nie terug keer na normaal nie
Die mechanics tussen ons weet mos Meer as Dokters

Regtigegtig ·

Nee die dokters wat os waarsku word nie toegelaat om hul standpunt te gee nie. Dus et die dokter wat ja se virdie inenting wie se openies gehoor word.

MakersMark ·

Terug na normaal ? Kan jy dink hoeveel mense dan siek word en hoe die hospitale dan lyk ? Hemel man dink tog voor jy praat.

Harry ·

Hou op nonsens versprei, nerens is daar wetenskaplike bewyse dat mense sterf wat die entstof gekry het, in elk geval nie 14% nie

groenboer ·

Daar is wêreldwyd reeds sowat twee miljard mense ingeënt. Indien “MM se opname” (wie sou hulle wees, wonder ek) korrek is, het daar oor die afgelope paar maande reeds amper 300 miljoen mense wêreldwyd gesterf aan die bose inentings.

Ja, dit klink my so effens oordryf. :-)

Anel ·

Harry, kyk bietjie na die vrae aan die onderkant van die berig dan sal jy sien.

Harry ·

Dit se niks, dis heel moontlik mense wat dit uit hul duim suig, almal baie slim soos jy, gee my die wetenskaplike bewyse nie goed wat mense op maak nie

KB ·

Die feit dat SA so stadig vorder met inentings, is dalk ‘n “blessing in disguise”.
Om mense in te ent met eksperimentele entstof is m.i. krimineel. Gebruik dit eerder as “die laaste uitweg” – daar IS ander medikasie beskikbaar wat tans (volgens wet (!)) “verbied/ontmoedig” word.
Dink die besluitnemers ons is oningelig?

Francois Le Cochon ·

Stephan, volgens jou kommentaar het jy self jou vraag beantwoord.

Adam Adriaan ·

Tyd bewys altyd die waarheid of die leuen reg of verkeerd is.

Hendrik Marthinus ·

Adam Mechanic Adriaan
Waar Kom jy aan jou inligting
Dus manne soos jy wat gaan veroorsaak dat ons nog Baie jare in level 4 gaan Bly, en maskers dra

Adam Adriaan ·

Doen navorsing en wag nie dat die media met my kop smokkel nie

Anel ·

MM, hoekom as ek dieselfde sê, plaas julle dit nie? Adam, daarom stem ek saam met jou.

Gideon ·

Anel dan kan jy ons mos help asb. Waar kan ons lees van die opname van MM dat 14% mense al dood is wat die inenting ontvang? Want dit lyk nie of Adam gaan help nie.

Anoniem ·

‘n opname onder Maroela lesers, kyk na die kommentaar hier en vertel my of ons so opname kan vertrou

Samuel ·

Ek kan nie anders as om te wonder oor die veiligheid en effektiwiteit van die inentings nie. Mens mag mos vrae vra?

Hendrik ·

Watter gemors. Aan die een kan word almal aangemoedig om ingeent te word en aan die anderkant kan die staat nie byhou nie. Wat dink julle moet ons doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.