Covid-19-statistieke: Weer honderde nuwe sterftes

(Argieffoto: Unsplash)

Gauteng en die Wes-Kaap is nou elk verantwoordelik vir 25% van nuwe Covid-19-gevalle en word gevolg deur KwaZulu-Natal (19%), die Oos-Kaap (9%), Mpumalanga (6%), Noordwes (5%), die Vrystaat en Limpopo (4%) elk en die Noord-Kaap (2%).

Altesame 8 988 nuwe Covid-19-gevalle is bevestig, wat die getal laboratoriumbevestigde gevalle op 2 470 746 te staan bring. Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 19,8%, sê die departement van gesondheid in sy jongste bywerking van koronavirusgetalle.

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Gauteng: 2 267
  • Wes-Kaap: 2 233
  • KwaZulu-Natal: 1 697
  • Oos-Kaap: 828
  • Mpumalanga: 539
  • Vrystaat: 387
  • Limpopo: 375
  • Noordwes: 479
  • Noord-Kaap: 183
  • Totaal: 8 988

Die getal nuwe gevalle (8 988) is meer as ʼn dag tevore toe die syfer op 5 575 gestaan het, maar laer as die getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae (11 430). Die sewedaggemiddeld het ook gedaal.

Altesame 2 470 746 mense het reeds van die virus herstel en daar is tans 147 046 aktiewe gevalle landwyd.

Nog 555 sterftes is egter aangeteken, wat die algehele syfer op 72 992 te staan bring.

Byna 15 miljoen Covid-19-toetse is reeds gedoen, altesame 45 312 oor die voorafgaande 24 uur. ʼn Bykomende 669 mense is in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem en tans word 15 788 mense vir die koronavirus behandel.

Inentings

Altesame 191 721 inentings teen Covid-19 is Dinsdag gedoen en meer as 7,9 miljoen mense is reeds teen die virus ingeënt.

Inentings per provinsie:

  • Oos-Kaap: 1 038 812
  • Vrystaat: 433 457
  • Gauteng: 1 960 063
  • KwaZulu-Natal: 1 511 975
  • Limpopo: 879 312
  • Mpumalanga: 379 606
  • Noordwes: 408 980
  • Noord-Kaap: 149 873
  • Wes-Kaap: 1 219 744
  • Totaal: 7 981 822

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

MakersMark ·

Baie wat redeneer dat klein persentasie van die bevolking sterf. Seker so maar dis seker ‘n persoonlike besluit hoe I’m op te te tree soos alles in die lewe. Ongelukkig is daar die wat siek word deurdat hul werk of ander help. Dan is daar die cowboys wat kies om dit te ignoreer. Nou ja tot dit hul tref of die naby hul. Trane kom altyd te laat.

Anoniem ·

As die getalle korrek is, is daar niks te vrees nie, mede landsburgers mag maar sonder maskers in die openbaar verskyn en onwettige byeenkomste vir die mede landsburgers is “wettig”, so doen asseblief voort!

Dirk Mostert ·

Slegs 669 van die 8,988 “nuwe infeksies” (7.4%) het hospitaalbehandeling nodig, die res dus vals positief. Dieselfde proporsie van die 147,045 “aktiewe” gevalle makeer waarskynlik ook niks. Dis ‘n CPR-toets pandemie. Die toename in nuwe “covid-verwante” sterftes is egter kommerwekkend. Die Departement van Gesondheid moet oop kaarte speel en ons inlig oor hoeveel van die sterftes en nuwe positiewe toetse reeds geent is. Dis nie nul nie. Die V.K., V.S.A. en E.U. verskaf wel daardie data en dis beduidende getalle.

Anna-Marie ·

Dit is nie vals positiewes nie. Soos met enige siekte is daar gevalle wat geen – / min – / slegte-/ erge-/ erger-/hospitaal behandeling-/ icu- simptomes het en die wat sterf. Ek self was a simptomaties, maar het long-covid ontwikkel, bevestig met ‘n teenliggaam toets. Ek persoonlik glo weer dat baie meer mense siek was en reeds teenliggaampies ontwikkel het as wat die statistieke sê. ‘ n Beter manier om navorsing te doen is om vir elke vaccine eers ‘n teenliggaam toets te doen voor die vaccine gegee word, sodat natuurlike immuniteit vlakke wat reeds bereik is, bepaal kan word.

Francois Le Cochon ·

Dit is die eerste keer in my lewe dat ek omtrent daagliks hoor van iemand in my omgewing wat sterf aan hierdie “griep”. Die naweek was dit die kerksekretaresse se man. Gister was dit ‘n jong argitek wat te doen het met aanbouings by my vrou se werkplek. Dit hou nie op nie, want daar is nogsteeds mense wat “blind” is, en sodoende die virus se verspreiding bevorder, want hulle wil “aangaan met hul lewe” asof daar geen dodelike virus wereldwyd is nie. Hoe arrogant!

Gerhard ·

Francois ek kan dit ook nie verstaan nie. Sien ook mense wat wil aangaan met hul lewes asof daar niks fout is nie. ALMAL wil terugkeer na die normaal. Selfs die wat mense eerder aanmoedig om tuis te bly en vra dat almal asseblief maskers moet dra. Ek wil ook graag my kinders dieretuin toe vat en goed doen, maar ons kan nie die risiko vat nie. Mense vat hierdie “griep” eers ernstig op as dit na aan hulle kom. Want andersins is mos die media wat net lieg oor hoe erg dit is en die hospitale is mos eintlik leeg. Sterkte daar en veilig bly.

VaalDonkie ·

Ek weet nie hou jou lewe ingerig is nie, maar 97% van die land se bevolking (wittes ingesluit) het nodig om te werk sodat daar kos in die huis is en sodat daar ‘n huis is om kon in te eet. My vrou werk al vir 18 maande lank nie. As ek nie daar was nie, sou sy en my kind letterlik op straat gewees het want ons het niemand by wie hulle kan gaan bly nie.

Oom Kaspaas ·

As die getalle so beduidend is hoekom wil die V.K ALLE regulasies afstel. Sonder maskers rondbeweeg, selfs nie meer hoef te isoleer as positief getoets het wanneer volledig gevaksineer is nie………. want die hospitalisies en sterftes is die minimum. dis hoekom sport stadions daar weer vol kan sit. Hulle daaglikse nuwe syfers dieslfde as ons s’n, maar hospitale nie meer onder druk ….. hoekom ?

Pierre ·

Sekerlik maak die feit dat 70% van die VK se volwasse populasie ingeent is n GROOT verskil, maar nou ja my Pa het my jare terug geleer om nie met mense te redeneer nie want hulle trek jou maar net na hulle vlak van redinasie en dan klop hulle jou met ondervinding.

Tiptol ·

Dis ‘n goeie les van jou pa. Dit kan op baie plekke en insidente onthou word.

Kwikkie12 ·

Die virus piek gaan omtrent aan vir ‘n maand in ‘n sekere gedeelte dan is sy “go” uit en word die getalle minder wat het nou ewe skielik van die vreeslike aansteeklike virus geword. Te min mense is ingeent so dit het niks daarmee te doen nie. So hou dit aan en aan en aan. Maar in die bevolkingsgroepe waar bykans geen sosiale afstand gedoen word en min maskers gedra word is die sterftes min in vergelyking met die populasie wat daar bly of is die syfers baie meer maar dit word nie korrek deurgegee nie? Soos ons bang gepraat word oor die virus al vir 18maande lank sou mens dink dat hierbo in Afrika sal die arme mense na 18maande van die dodelike virus al bykans uitgesterf het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.