Covid-19-statistieke: Weer meer as 1 400 nuwe gevalle

Die algehele sterftesyfer weens Covid-19 in Suid-Afrika staan op 53 995.  (Argieffoto: Unsplash)

Nog 1 413 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig, wat die algehele infeksiesyfer op 1 571 348 te staan bring.

Tot dusver het 1 496 756 mense reeds van die virus herstel. Die herstelkoers bly op 95%.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het ook nog 55 nuwe Covid-19-sterftes bevestig. Hiervan was 11 in die Oos-Kaap, 14 in die Vrystaat, 20 in Gauteng, drie in KwaZulu-Natal, een in Mpumalanga en ses in die Wes-Kaap.

Geen nuwe sterftes is in Noordwes, Limpopo of die Noord-Kaap aangemeld nie.

Die algehele sterftesyfer weens Covid-19 in Suid-Afrika staan op 53 995.

Daar is tans 20 597 aktiewe gevalle, effens meer as ʼn dag tevore.

Aktiewe gevalle:

  • KwaZulu-Natal: 5 041
  • Noord-Kaap: 3 554
  • Gauteng: 3 231
  • Noordwes: 2 881
  • Vrystaat: 2 389
  • Wes-Kaap: 1 996
  • Mpumalanga: 991
  • Limpopo: 295
  • Oos-Kaap: 210

Altesame 34 493 toetse is sedert die vorige bywerking oor die syfers gedoen. In dié stadium word 53% van toetse in die private sektor gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oubaas

Die wiele van hierdie ”pandemie” is nou besig om vinnig af te kom. Meer en meer mense begin dit sien vir wat dit is.

Werner

Wat beteken “weer meer” anders as die opwek van emosie!

Danie

Hou maar dop net so voor langnaweke gaan getalle op en daarna weer af en dan ook so voor maand einde. Hulle speel lekker en dink ons is stupid.