Covid-19-statistieke: Weer meer as 5 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het tans meer as 60 000 nuwe gevalle van Covid-19 nadat nog 5 451 gevalle sedert die vorige verslag bevestig is.

Dr. Zweli Mkhize sê in sy jongste verslag oor die syfers nog 97 sterftes is ook bevestig. Hiervan was 21 in die Vrystaat, 41 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, drie in Mpumalanga, 15 in die Noord-Kaap en 12 in die Wes-Kaap.

Geen sterftes is in die Oos-Kaap, Limpopo of Noordwes aangemeld nie.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan in hierdie stadium op 56 929.

Die herstelkoers het nog teruggesak en staan op 93,2% nadat 1 574 223 mense van die virus herstel het. Tot dusver het 1 691 491 mense positief vir Covid-19 getoets.

Meer as 40 000 nuwe toetse vir die koronavirus is sedert die vorige verslag gedoen. Altesame 60% hiervan was in die private sektor.

ProvinsieSterftesReeds herstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 672185 6171 310
Vrystaat4 43690 4168 879
Gauteng11 404438 70121 508
KwaZulu-Natal10 533325 2955 028
Limpopo2 47262 5781 088
Mpumalanga1 45980 1472 157
Noordwes1 94969 3427 111
Noord-Kaap1 14742 3148 948
Wes-Kaap11 857279 8134 310
Totaal56 9291 574 22360 339

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dirk Mostert ·

Verskaf Dr, Mkhize se department nie meer grafieke wat aantal toetse, ens. wys nie? Wil seker nie he die publiek moet twee en twee bymekaar tel nie. Simptoomloos positief = vals positief. Die keiser se kleed is fantasties mooi.

Fritz ·

5,000 of 50,000 of 500,000 nuwe gevalle.
Potato potato. Tomato tomato

MakersMark ·

Goeie uitdrukking in engels wat soms van toepassing kan wees is “halfwit”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.