Covid-19-statistieke: Geen sterftes in sewe provinsies

(Argieffoto: Verskaf)

Die getal Covid-19-gevalle in Suid-Afrika staan nou op 1 552 416 nadat 453 nuwe gevalle van die virus bevestig is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in sy daaglikse bywerking van die Covid-19-syfers altesame 1 478 088 mense het reeds van die virus herstel. Die herstelkoers staan steeds op 95%.

Agt bykomende sterftes is bevestig. Hiervan was vier in die Vrystaat en vier in Gauteng. Dit bring die algehele sterftesyfer op 52 995 te staan.

Net meer as 11 000 toetse, 72% daarvan in die private sektor, is sedert die vorige dag se bywerking gedoen.

Aktiewe gevalle:

KwaZulu-Natal:  5 746

Wes-Kaap:          5 119

Noord-Kaap:      2 806

Gauteng:             2 280

Noordwes:         2 202

Vrystaat:             1 720

Mpumalanga:    958

Limpopo:            283

Oos-Kaap:           219

Totaal:                 21 333

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dirk Mostert ·

Vanoggend in ons hoofstraat gesien hoe die “people” sonder maskers of met maskers vir nekdoeke buite besighede saamdrom. Die noodtoestand kan netsowel afgeskaf word. Maar CR kry seker nie toestemming uit Davos nie.

Johan ·

Watter “noodtoestand” het ooit bestaan is die vraag…maskers kelp inelkgeval net mooi niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.