Covid-19-statistieke: Weer minder gevalle

(Argieffoto: Vincent Thian/AP)

Suid-Afrika het in hierdie stadium 188 323 aktiewe gevalle van Covid-19, nadat nog 14 701 nuwe gevalle van die koronavirus bevestig is.

Die positiwiteitskoers is nou 29,1%.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) staan die algehele getal positiewe gevalle tans op 2 283 880.

Nog 291 sterftes is bevestig. Altesame 66 676 mense is sedert die uitbreking van die pandemie weens die virus dood.

Net meer as 50 500 toetse is sedert die vorige verslag gedoen.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (43%). Die provinsie word gevolg deur die Wes-Kaap (16%), Limpopo (10%), Noordwes (8%), KwaZulu-Natal en Mpumalanga (7% elk), die Oos-Kaap (5%), die Vrystaat (3%) en die Noord-Kaap (1%).

Die getal gevalle Saterdag (14 701) was minder as ʼn dag tevore (15 939) en is ook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (14 941).

Nog 546 mense is in hospitale vir behandeling opgeneem. Dit beteken 16 954 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel. Hiervan is 9 695 pasiënte in private hospitale en 7 259 mense in staatshospitale.

Net 26 793 inentings teen Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen en net meer as vyf miljoen mense het reeds die entstof ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chef ·

Die goeie nuus is dat al die mense wat herstel het, ‘n goeie weerstand teen die siekte ontwikkel het. Juig daarin!!

OW ·

Jou juig word verkeerd beklemtoom Chef.Dit klink of die mense wat herstel het weer 100% reg is,maar daar is baie gevalle waar mense ernstige simptome oorgehou het van depressie tot mense wat nie kan loop nie.Die wat herstel het is nie gevrywaar om weer besmet te word nie.Gaan doen jou navorsing.Jy kan juig as daar kudde immuniteit bereik is.

Chef ·

Sjoe OW, jy dig darem nou heelwat aannames aan my kommentaar toe. Ja daar is baie mense wat regtig baie siek geword en ‘long covid’ oorgehou het. Ja dis waar dat enige persoon een keer of herhaaldelik weer die virus kan opdoen, ongeag of die persoon inge-ent is al dan nie. Wat ek beklemtoon is dat ons die positiewe moet raaksien dat indien iemand alreeds ‘n weerstand opgebou het en dat die uitkoms in die toekoms net beter kan wees. Kom ons wees positief! :-)

OW ·

Ek dig geen aannames aan jou kommentaar toe nie.Mens bou nie genoegsame weerstand teen Covid op as jy nie die vaksine ontvang het nie.Ek is absoluut positief oor hierdie aangeleentheid.In jou eerste skrywe praat jy nie van die inentings nie en gee voor dat mens goeie immuniteit opbou sonder die vaksines,wat egter nie die geval is nie.As jy ingeênt is,is jou kanse soveel beter om die virus te beveg.

Chef ·

Ek respekteer jou mening. Kyk gerus na die aankondiging van die Kobe universiteit in Japan op 13 Julie wat betref teen liggaampies.

MakersMark ·

Regtig? Jy vergeet daar is variante wat “natuurlike immuniteit” nie teen beskerm nie….
Net sekere inentings.

Maggies ·

Hierdie getalle gaan binne die volgende twee weke in die hoogte in skiet wanneer die onlus makers begin siek word.

Jurgens ·

Dalk nie. Hulle is dalk onder die wat alreeds teenmiddels in hulle liggame het.

Dirk Mostert ·

Hul verdiende loon! Ek hoop die gebuite entstof word vir ‘n goeie doel aangewend, soos om plunderaars te ent.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.