Covid-19-statistieke: Wes-Kaap het meeste nuwe gevalle

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Net 619 nuwe Covid-19-gevalle is Saterdag in Suid-Afrika aangemeld, waarvan die meeste (129) in die Wes-Kaap aangeteken is. KwaZulu-Natal en Gauteng het die naasmeeste nuwe gevalle aangeteken, met onderskeidelik 116 en 93 nuwe gevalle.

Net 20 nuwe Covid-19-gevalle is in Limpopo aangeteken, die minste van alle provinsies.

 

ProvinsieGetal nuwe gevalle
Oos-Kaap67
Vrystaat65
Gauteng93
KwaZulu-Natal116
Limpopo20
Mpumalanga34
Noordwes42
Noord-Kaap53
Wes-Kaap129

 

Volgens syfers wat Saterdag deur die departement van gesondheid beskikbaar gestel is, het die positiwiteitskoers verder gedaal, met net 2,2% van dié wat getoets is, wat wel Covid-19 onder lede gehad het. Die getal nuwe gevalle is laer as Vrydag en ook minder as die daaglikse gemiddeld van 669 nuwe gevalle wat die afgelope week aangeteken is.

Altesaam 25 nuwe sterftes is aangemeld, wat die totale sterftesyfer op 88 587 te staan bring. Minstens 34 mense is Saterdag in die hospitaal opgeneem vir die behandeling van Covid-19.

Wat die toedien van entstowwe betref, is 50 380 Suid-Afrikaners Saterdag ingeënt, die meeste hiervan (16 432) in Gauteng. Meer as 20 miljoen Suid-Afrikaners is nou reeds teen Covid-19 ingeënt, wat omtrent ʼn derde van die land se bevolking verteenwoordig.

Die afgelope week is net meer as 1 miljoen Suid-Afrikaners ingeënt; dit is 130 000 minder as wat die week tevore ingeënt is.

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, het Vrydag aangekondig dat tieners al so vroeg as volgende week ingeënt kan word, en dat dit boonop sonder die toestemming van hul ouers kan geskied.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theo ·

Waarom is die hoofopskrif negatief? Daar was lanklaas positiewe nuus oor Covid. Dit moes gewees het “Covidgevalle daal nog steeds” of soiets, maar in stede daarvan word die leser gewys op waar die meeste van die dalende gevalle voorkom. So word die vreespandemie steeds instandgehou, maak nie saak hoe positief die nuus is nie.

Colombo ·

Die inentings het n positiewe nagevolg.Ek hoop die anti-entstofwers neem kennis

Theo ·

Arme Colombo. As jy maar geweet het wat op die mensdom wag…

Colombo ·

Lig my in oor wat wag.Of sal ek daarop wag soos op al die ander sogenaamde “conspiracy
theories”?

MakersMark ·

Ja Colombo ek stem saam. Doemprofete en waarseërs in hul eie oë asof hul toegang het tot geheime informasie wat die res (lees die wat laat inent) nie het nie. Selfde intellektuele kapasiteit as die kalkoen wat nie kan wag vir Kersfees nie.

MakersMark ·

Het jy “inside info” van wat op die mensdom wag ? “Nudge nudge wink wink” ? Of het siener dit ook voorspel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.