Covid-19-statistieke: Wes-Kaap het nou meeste gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Die Wes-Kaap het Gauteng verbygesteek as die provinsie met die meeste nuwe Covid-19-gevalle.

Volgens die nasionale gesondheidsdepartement is 29% van nuwe gevalle nou in dié provinsie, gevolg deur Gauteng (27%), KwaZulu-Natal (14%), die Oos-Kaap en Mpumalanga (7% elk), Limpopo en Noordwes (5% elk), die Vrystaat (4%) en die Noord-Kaap (3%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 979
  • Vrystaat: 523
  • Gauteng: 3 655
  • KwaZulu-Natal: 1 900
  • Limpopo: 684
  • Mpumalanga: 933
  • Noordwes: 698
  • Noord-Kaap: 411
  • Wes-Kaap: 3 968
  • Totaal: 13 751

Nog 13 751 nuwe gevalle van die koronavirus is bevestig, wat die algehele syfer op 2 422 151 te staan bring. Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 26,4%.

Die getal nuwe gevalle (13 751) Donderdag is laer as ʼn dag tevore (17 351), maar nietemin hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae. Die sewedaggemiddeld het gedaal.

Daar is tans 155 958 aktiewe gevalle in Suid-Afrika en 55 923 toetse vir die virus is gedoen.

  • Toetse in private sektor: 29 914 (45%)
  • Toetse in openbare sektor: 31 009 (55%)

Nog 523 Covid-19-verwante sterftes is ook aangemeld en die totale sterftesyfer staan tans op 71 431.

In hierdie stadium word 15 964 mense vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel, nadat nog 598 mense weens die virus opgeneem is.

Altesame 215 066 mense is Donderdag teen die virus ingeënt en meer as 7,2 miljoen mense het reeds die entstof teen die virus ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

annie ·

Die Vrystaat se koue dor klimaat dié tyd van die jaar hou die virus dom. Dalk ook min troebel water en nog minder ace by teen skemeraand.

Pietertjie ·

Gaan die Wes-Kaap nou aan fase 3 inperking onderwerp word?

VaalDonkie ·

Ons is huidiglik op fase 3. My vrou het al vir 18 maande lank geen inkomste nie want sy werk met kinders en sy word by geen skole toegelaat nie. Ek moes haar boekhouer betaal want haar besigheid het nie eers geld vir dit nie.

Atta ·

Dit sal interessant wees om die statistiek van elke provinsie te sien uitgedruk as gevalle per miljoen inwoners. Dalk lyk die speelveld dan meer gelyk?

Jaco ·

Dit het die DA in die Wes-Kaap nou van hulle gedurige getoets toets toets vir corona. Spog ook mos met “the DA delivers”. Hulle weet mos nou al dat BAIE anti-corona maatreëls eintlik net met die vasvat van wit mense te doen het. Het die DA dan NIKS uit die toe strande van Des 2020 – Feb 2021 geleer nie? Deliver ja, maar deliver asseblief NET op terreine wat nie later teen die DA gebruik kan word nie.

Karlahari ·

29,914 toetse uit n totaal van 60,923 is 49%.
Nie 45% nie.

Karlahari ·

Kan ons weer die stertes per provinsie in tabel vorm sien?
Noudat Gauteng die meerderheid sterftes het sien ons dit nie meer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.