Covid-19-statistieke: Wes-Kaap skop vas oor inperking

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde. (Foto: Armand Hough/ANA)

Die Wes-Kaap gaan vasskop teen nog ʼn afsonderingstydperk. Premier Alan Winde sê die provinsie is ten gunste van gefokusde, plaaslike ingryping wat op wetenskaplike bewyse gegrond is.

Daar is toenemend kommer oor die Covid-19-situasie en die nasionale koronavirusbevelsraad (NCCC) het Dinsdag vergader om die styging in gevalle in sekere provinsies – waaronder die Wes-Kaap – te bespreek. Die president vergader intussen ook Woensdag met onder meer die nege premiers.

Winde sê by hierdie vergadering sal die Wes-Kaap ʼn sterk argument teen enige “stomp instrument, soos afsondering” uitmaak.

“Ons moet eers alles moontlik deur ons individuele en gesamentlike optrede doen om te verseker die vlaag word gestuit en om te verhoed dat só ʼn strategie [soos die inperkingstyd] ooit weer gebruik word.

“ʼn Afsonderingstydperk gaan rampspoedig vir ons ekonomie wees, dit gaan groot werksverliese en ʼn menslike ramp veroorsaak en moet ten alle koste vermy word,” het Winde gesê.

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, was daar tot dusver 132 865 bevestigde Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap. Dit is 16,8% van alle gevalle tot dusver.

Winde sê wat nodig is, is praktiese, gefokusde en plaaslike ingryping om te verseker die gesondheidstelsel word beskerm en die verspreiding van Covid-19 gestuit – terwyl die ekonomie terselfdertyd so oopgestel moontlik bly. Hy sê dié ingrypings moet ook op wetenskap gegrond wees.

Winde sê hy gaan ʼn beroep op Ramaphosa doen om meer mag aan provinsiale regerings te gee om die ingrypings by spesifieke geografiese brandpunte in werking te stel.

Hy sê mense moet ook hul gedrag aanpas en dat die herleiding van polisiëringshulpbronne om die regulasies af te dwing, terwyl misdaad voortduur, uiters problematies is.

Mkhize het Dinsdagaand gesê daar is landwyd nou 792 299 bevestigde Covid-19-gevalle, nadat 2 295 nuwe gevalle aangemeld is.

Nog 109 Covid-19-verwante sterftes is ook bevestig. Hiervan was 36 in die Oos-Kaap, 12 in die Vrystaat, vyf in Gauteng, 12 in KwaZulu-Natal, 17 in Noordwes en 27 in die Wes-Kaap. Die sterftesyfer weens Covid-19 staan op 21 644.

ProvinsieSterftes
Oos-Kaap4 674
Vrystaat1 931
Gauteng5 014
KwaZulu-Natal3 355
Limpopo506
Mpumalanga614
Noordwes566
Noord-Kaap313
Wes-Kaap4 671
Totaal21 644

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dirk Mostert

Strenger inperking in Wes-Kaap sal Winde se skuld wees, weens sy oorentoesiastiese getoets. Meer toetse=meer “gevalle”.

Wilhelm

Winde, wat ons Wes Kapenaars wil hê is dat jy en die DA moet ongehoorsaam wees aan die ANC. Ons almal weet hulle is mal, en ons het nie vir hulle gestem nie. So hou op om ‘n ‘beroep te doen op Ramaphosa’ dat hy vir die provinsies meer mag sal gee, die sal NOOIT gebeur nie, jy weet dit tog seker al teen hierdie tyd. Die ander provinsies het vir die ANC gestem, ons het nie. Neem self die besluite, vat eenvoudig die mag sodat ons onsself kan bestuur. Luister na die inwoners en stemmers in die Weskaap, nie… Lees meer »

Wonder net

So wat stel jy voor @Dirk? Volstruis sindroom… moenie toets nie dan sal daar nie positiewe gevalle wees nie? Hoeveel siek mense gaan dan onbewustelik daar buite rondloop en ander mense siek maak, mense wat hulle self actually oppas? As elkeen net sy klein deeltjie bydra dan sal dit n groot verskil maak. Maar dit is tipies mens… elkeen trek in sy eie rigting en dan wonder hulle hoekom staan mense nie saam nie. Elkeen probeer sy eie resultate op sy eie manier kry, waar as almal saam staan sal die reultaat soveel groter wees en die risikos soveel minder.

Marius

Dit is nie inwoners van die Wes Kaap wat die syfers op jaag nie , maar mense wat van die Oos Kaap af gebring word omdat hulle hospitale nie in staat is om hulle te versorg nie . Elke prov vir homself en kyk hoe lyk die syfers dan .

Deon

Mnr Winde, ek persoonlik ken geensins enige van julle hoog geplaasde politieke manne nie, ek kan wel in die media sien dat die res van jou kollegas”premiers” in die land nie regtig in beheer van hulle pligte is nie, en so lank as wat jy jou werk reg doen en hulle doen hulle sin nie noodwendig reg nie is jy die ‘odd one out’ so as jy nie saam met die stroom swem wat jou gaan versuip nie is jy verkeerd, al is jy reg…… Ek weet jy wil sover moontlik die regte dinge doen vir die regte redes en… Lees meer »