Covid-19-statistieke: Wes-Kaap styg skerp

(Argieffoto: Unsplash)

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het Dinsdag gewaarsku teen die styging van Covid-19-gevalle in dié provinsie en het gesê oor die afgelope week was daar ʼn 52,1%-toename in nuwe gevalle.

Daar is ook ʼn toename in gemeenskapsoordrag op veral die Tuinroete- en in die Kaapstadse metrodistrik. Die provinsie het verlede week ʼn waarskuwing uitgereik oor die styging in gevalle sê daar is nou meer aktiewe gevalle in die George- en Knysna-subdistrik as ooit tevore.

Die Kaapstadse metro volg dieselfde patroon en is waarskynlik tussen tien en 14 dae agter dié twee distrikte.

Winde het gesê altesaam 16% van die toetse wat in die provinsie gedoen word, is positief – ʼn syfer soortgelyk aan die een vroeg in Mei vanjaar.

“My grootste kommer is oor die gesondheidstelsel wat onder toenemende druk is. Ons moet verseker dat elke persoon gesondheidsorg kry wanneer hulle dit benodig.”

In die voorafgaande 24 uur het die getal mense wat vir Covid-19 in hospitale opgeneem is, met 54 pasiënte toegeneem.

Winde sê sedert die begin van die maand het hospitaalopnames vir Covid-19 in die provinsie met 63% gestyg. In die private sektor was daar ʼn styging van 94%, terwyl staatshospitale ʼn styging van 39% ondervind het.

Winde het gewaarsku dat nog ʼn afsonderingstydperk nie bekostig kan word nie en dat daar saamgewerk moet word om dit te voorkom.

“Die Wes-Kaapse regering het doelbewus weer sleutelgesondheidsdienste by ons fasiliteite oopgemaak omdat ons omvattende sorg aan almal wil bied, nie net diegene met Covid-19 nie. Dit beteken ons hospitale is reeds voller as wat dit vroeër vanjaar tydens die eerste vlaag hospitaalopnames was.”

Winde sê die provinsie wil ʼn situasie vermy waar dié dienste weer opgeskort moet word. “Ons wil alle lewens red, ook van diegene wat nie Covid-19 het nie.”

Intussen het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, gesê daar is ʼn behoefte om die syfers in Gauteng behoorlik te rekonsilieer. Totdat dié proses afgehandel is, word syfers oor aktiewe gevalle in die provinsie en diegene wat reeds van die virus herstel het, nie bekend gemaak nie.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng het vroeër gesê die provinsiale departement het op 4 November die laaste keer ʼn opdatering van gevalle per distrik gegee.

Hy het ook gewaarsku dat Gauteng se Covid-19-syfers al hoe meer “belaglik” word en weinig aanduiding gee van die verloop van die pandemie om die ontstaan van brandpunte te voorkom.

Bloom het gesê vroeër die week het die nasionale departement van gesondheid aangedui dat Gauteng net 283 aktiewe gevalle het – die laagste in die land, ten spyte van die feit dat Gauteng die grootste bevolking het.

Volgens Mkhize staan die algehele getal Covid-19-gevalle landwyd op 775 502. Altesaam 3 250 nuwe gevalle is bevestig en byna 30 000 nuwe Covid-19-toetse is gedoen.

Daar was in die voorafgaande 24 uur 118 sterftes weens Covid-19. Hiervan was 51 in die Oos-Kaap, 24 in die Vrystaat, sewe in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal, vier in Limpopo en 30 in die Wes-kaap.

Dit bring die getal sterftes op 21 201 te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jaco ·

Dit het die DA nou van hulle alewige toets toets toets vir corona. Môre oormôre is die Wes-Kaap weer ‘n corona hotspot en kan ramaphosa dit maklik gebruik as ‘n rede vir ‘n vlak 5 lockdown ney vir die Wes-Kaap. Eintlik net ‘n lekker manier om “die rassistiese DA” en wit mense in die Wes-Kaap te straf en te onderdruk.

Francois Le Cochon ·

Die aantal nuwe gevalle in die “gegoede” noordelike voorstede van Kaapstad is volgens my dokter skrikwekkend.

pokkel ·

vader Krismis moet maar tuisbly hierdie jaar, hy val natuurlik in die hoë risiko kategorie

Michelle ·

Gaan kyk na die busse en taxis, daar is geen vensters oop nie. Busse is oorvol met mense wat staan in die gang! Omdat hulle die reels ignoreer moet almal die prys betaal, dit is belaglik. Pas julle eie reels toe, CR en jou span.

Oom Hennie Pennie ·

??? Eensydige statistieke. Ek het ‘n groot vriendekring in die Wes Kaap en niemand was nog siek of het gehoor van iemand wat iemand ken wat covid het nie???

H ·

ja hoekom ??? het julle al gekyk hoe gaan die EFF aan , waar dink julle kom dit vandaag. Massas bymekaar met geen maskers nou kry almal verkoue wat te doen kry met hulle !!!!!!!!!!!!!! Sort die goed uit en die syfers sal afkom!!!!!!!!!!!

H ·

en more is daar weer n optog is kaapstad deur die terroriste en dan versprei hulle nog verdere kieme… wanneer gaan dit stop ??????

Annatjie ·

Is laboratorium toetse betroubaar? Ek glo nie. Alles word opgeblaas sodat ons magsbehepte regering ons kan straf.

Jacobus ·

Probleem is dat die aantal toetse vs positiewe gevalle oneindig manipuleerbaar is – iets wat die ANC met onderskeiding doen. Patetiese statistiese praktyke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.