Covid-19-statistieke: WK het nou meeste nuwe gevalle

(Foto: Stad Kaapstad)

Die Wes-Kaap het nou KwaZulu-Natal verbygesteek as die provinsie wat die meeste nuwe Covid-19-gevalle in een dag aangeteken het. Altesaam 3 749 nuwe virusgevalle is op Kersdag in dié provinsie aangeteken, gevolg deur KwaZulu-Natal, met 3 601 nuwe gevalle en Gauteng met 2 796 nuwe gevalle. Die Oos-Kaap het die vierde meeste gevalle (1 720) aangeteken. Limpopo en die Noord-Kaap het steeds die minste nuwe gevalle aangeteken.

ProvinsieNuwe gevalle op 23 Desember 2021
Oos-Kaap 1 720
Vrystaat    759
Gauteng 2 769
KwaZulu-Natal 3 601
Limpopo    487
Mpumalanga    647
Noordwes    585
Noord-Kaap    511
Wes-Kaap 3 749
Totaal14 828

Altesaam 14 828 mense het gister positief getoets vir Covid-19. Dit verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 25,7%, wat aansienlik laer as gister se koers (29%) is. Tans het 214 447 mense Covid-19 onder lede, van wie die meeste in KwaZulu-Natal (68 196) en die Wes-Kaap (46 032).

Net 80 mense is gister met Covid-19 in ʼn hospitaal opgeneem. Altesaam 30 nuwe sterftes is wel aangeteken. Die opkoms vir inentings was ook bitter laag, met net 698 mense wat op Kersdag by een van die land se inentingstasies opgedaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.