Covid-19-statistieke: Meer as 60 000 sterftes nou bevestig

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 12 222 mense het positief vir Covid-19 getoets en volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar in hierdie stadium 157 199 aktiewe gevalle van die virus in Suid-Afrika.

Die positiwiteitskoers vir koronavirus het toegeneem tot 28,3%. Laboratorium-bevestigde gevalle is 1 941 119 en 43 155 nuwe toetse is sedert die vorige verslag gedoen.

SektorTotaal getoetsNuwe toetse
Privaat7 355 44757%23 35954%
Staat5 656 45645%19 79646%
Totaal13 011 90343 155

Volgens Nios het die land nou ook die 60 000-kerf vir sterftes verbygesteek nadat nog 138 Covid-19-verwante sterftes bevestig is. Die algehele sterftesyfer te midde van die dodelike derde vlaag staan nou op 60 038.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (69%), gevolg deur die Wes-Kaap (7%).

ProvinsieNuwe gevalle op 28 Junie 2021Totale gevalle vir 28 Junie 2021Persentasie
Oos-Kaap314205 85910,6
Vrystaat331113 6485,9
Gauteng8 408629 39932,4
KwaZulu-Natal483352 40118,2
Limpopo56374 7293,8
Mpumalanga53093 4324,8
Noordwes56093 5964,8
Noord-Kaap13158 6633,0
Wes-Kaap902319 39216,5
Totaal12 2221 941 119100

Uit die 1 941 119 mense wat tot dusver die virus opgedoen het, het 1 723 882 reeds daarvan herstel.

Nog 512 mense is sedert die vorige verslag in hospitale opgeneem vir Covid-19. In hierdie stadium word 11 801 mense vir die koronavirus in hospitale landwyd behandel. Altesame 7 689 mense word in private hospitale behandel en 4 112 in staatshospitale.

Net meer as 97 000 inentings is sedert die vorige verslag gedoen en altesame 2 787 996 is reeds teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Oom Kaspaas ·

Die af duimpies is seker die “Conspiracy theorists” en propaganda drywers wat net die negatiewe kant van nuwe infeksies wil sien en nie die positiewe van recoveries nie

Pieter ·

60000 sterftes van laasjaar af. Hoeveel mense gaan normaal daagliks dood en hoeveel baba’s word gebore?

Oom Kaspaas ·

Hulle aanvanklike voorspellings het gesê dat soveel mense teen verlede jaar November / Desember alreeds sou gesterf het

Regtigegtig ·

Ons het met n begrafnis onderneemer gesels en hy het verstel dat laasjaar, daar nie meer sterftes was ag vorige jare nie, maar die sterftes het geweldig toegeneem in die laaste 3 tot 4 maande. Wonder hoekom sterftes nou so skerk toeneem met covid as laas jaar wat dit nie so erg was nie. Is die mense se immuniteit laer of dat hulle meer stress het en mens hongerly of swak eet of werk die inenting dalk nie goed nie, soos gehoop het nie.

piet ·

Te min inentings is gedoen om enige effek tans waar te neem.

piet ·

Rosie – Ek gee regtig nie om wat jy wil doen nie. Ek dink daar is nou maar net mense wat nie hul samewerking gaan gee nie. Dit gaan ongelukkig veroorsaak dat die pandemie vir langer gaan aansleep as wat nodig is en dit gaan tot almal se nadeel wees. Ek sorg maar vir myself en sorg dat ek so min risiko loop as moontlik.

Mrs H ·

Jy kan steeds covid kry – siek wees – aansteek – bloed klonte kry en en en… jy met jou inenting jaaa…

piet ·

Wat het addisionele sterfgevalle weens ‘n nuwe siekte te doen met sterftes weens natuurlike oorsake en hoeveel babas gebore word?

Andreas ·

Verwagte sterftes vir Suid-Afrika is dagliks so by tussen 1500 – 2000 landswyd. Dis nou vir alle redes. Daar sterf jaarliks so 60000 aan pneumonia verwante siektes. Dus is daardie sog. “COVID” sterftesyfers glad nie abnormaal nie. In die lig van die panieksaaiery en lockdownontwrigting is daardie syfers eerder laag.

Kanjynoumeer ·

Soveel lewens kan gespaar word met Ivermektien.
Google:
Dr Shankara Chetty
dr dirk koekemoer ivermectin

Thom ·

Nul ___ simptomatiese verligting van minder ernstige gevalle kan met paracetomol ook verkry word maar die effek op die virus self is steeds nul .

Strandloper ·

My vrou wat chronies siek is met maag en long probleme is drie weke gelede opgeneem in die hospitaal met covid. My grooste vrees het waar geword en op die koop toe het die dokter geweier om ivermectin voor te skryf.

Ons drie maal heilige God en Hemelse Vader het die pad vir my oop gemaak met ivermectin wat ek moes in smokkel. Sy is gesond en kom vandag huis toe!

Regtigegtig ·

So bly jou vrou word ontslaan. Iemand moet veg asb dat patiente ivermactin in hospitaal kan kry.

Miskruier ·

Kry dit sodra jy dink jy is siek. Al moet jy die boere se soort kry.

Francois Le Cochon ·

Miskruier, ja, en as jy dit nie kry nie, eet beet, aldus prof. van Schalkwyk (veearts en viroloog).

piet ·

@Strandloper – Jy het ander medikasie ingesmokkel terwyl sy in die hospitaal is en dit toegedien EN die hospitaalpersoneel kom niks agter nie? Hmmmm.

Strandloper ·

@piet…ai die doemprofete…n goeie begrip het n halwe woord nodig…

Francois Le Cochon ·

Venessa, Dr Chetty is ‘n Hindu, en kry (smokkel) Ivermektien gratis uit Indie wat hy dan in SA verkoop teen R1000,00 vir 10 x 6mg tablette. (Die vervaardiger, Melck, verskaf Ivermektien gratis in Indie vir die behandeling van menslike parasiete).

Drico ·

Jy sal verbaas wees Piet, wat mens als in n hospitaal kan doen of in smokkel sonder dat die personeel enigsins ag slaan daarop. In SA kan jy baie dinge regkry sonder toestemming as jy n rede daartoe het.

piet ·

Renata – Die verpleegpersoneel (dokters en verpleegsters) wat ‘n ernstig siek pasient behandel kom niks agter nie? Hoogs onwaarskynlik.

Strandloper ·

@piet…hoop regtig nie jy kry dit nie…desperate times….desperate measures….en Gebed!

piet ·

@Strandloper – Onthou nou volgende keer om jou geliefdes by die huis met Ivermektien te behandel. Al hierdie hospitaal-ganery vir ernstige gevalle is mos onnodig. Los die beskikbare hospitaalbeddens vir ander ernstige Covid-pasiente.

Purrkitty ·

Should be interesting to see what the long term side effects are on the human body of the animal Ivermectin people are using as precautionary measures……

Purrkitty ·

Should be interesting to see what the long term side effects of Ivermectin has on the human body, especially the animal Ivermectin used as a preventative…..

Kensy ·

In hierdie tyd raak ander statestiek belangrik –
Hoeveel persone wat inge-ent was, is siek/dood?
Hoeveel persone wat Invermectin gebruik is siek/dood?
Hoeveel mense het covid opgedoen vir die 2de/ 3de keer?
Wat is die persentasie sterftes in Staats hospitale teen oor Privaat hospitale – die inliging kan help om aandag te skenk aan tekorte / kundigheid ens..

Los maar die getalle wat posetief getoets het sedert die begin van hierdie nagmerrie uit die nuus en konsentreer op die feite wat lewens kan red.

JJB ·

Die herstelkoers is 96.6%. Hoekom die totale ekonomie verwoes vir ‘n siekte wat tot sover 0.12% van die bevolking geëis het? Belangriker vraag: Hoe vergelyk die totale dodetal (alle oorsake) in die Covid tydperk met normale jare?
Hou op om die virus te vrees. Vrees speel in die hand van ‘n bose magsregime. Tree verantwoordelik op, leef en werk rustig voort en vrees God. Hy waarborg jou na alles nie LEWE nie, maar die EWIGE LEWE.

Dirk Mostert ·

60,000 Covid-VERWANTE sterftes oor 15 maande = 4,000 per maand. Vir PERSPEKTIEF, met ‘n bevolking van 58 miljoen (+ onwettige immigrante+ natuurlike aanwas die afgelope jaar) en gemiddelde lewensverwagting van 60-65 jaar kan 80,000 sterftes per maand normaalweg verwag word. Sal graag wil weet hoeveel van die nuwe gevalle is geent.

cynthia ·

sal graag wil weet hoeveel van hierdie covid sterftes is weens gewone sterfes (bv hartaanval, ongeluk, vermoor) ek weet van ten minste 3 mense wat weens gewone sterftes oorlede is maar hulle dood word genoem as covid 19. Ek verstaan baie mense gaan dood aan covid maar wat is die regte getalle.

piet ·

Mense gaan dood aan die virus in ‘n redelik kort tyd na hulle aangesteek is (party sommer na slegs ‘n paar daggies). Dis reeds vir jou ‘n aanduiding dat die virus hoogs waarskynlik die dood veroorsaak het.

Andreas ·

Mens sal dit maar nugter met verwagte sterftes per dag / per jaar vergelyk (1% van bevolking per jaar) . Dan is die syfers glad nie meer vreesaanjaend nie. Gewone sterftes en siekwoord het nou maar net ‘n ander naam gekry, want daar word vir RNS-merkers getoets wat op ‘n pseudowetenskaplike manier aan ‘n “virus” toegeskryf is. Dat die liggaam ook van alleen ‘n groot verskeidenheid RNS vervaardig word deur die bank geignoreer.

Tanniepetoors ·

Strandloper, watter hospitaal laat besoekers of mense anders as verpleegpersoneel en dokters toe by Covid pasiënte? Wat jy dan eintlik vir ons sê is dat iemand hul gedragskode as verpleegkundige of dokter oortree om vir jou vrou medikasie te gee wat nie vir menslike gebruik goedgekeur is in Suid-Afrika nie. Jy kan tog seker vir jouself dink wat die wetlike gevolge van so iets kan wees?

piet ·

Blykbaar het ons geheime agent self die middel ingesmokkel en toegedien soos ek verstaan. Die hele gebeurtenis is in geheimenis omhul, reguit uit ‘n James Bond fliek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.