Covid-19-statistieke: Meeste nuwe gevalle nou in Mpumalanga

(Argieffoto: Unsplash)

Die meeste nuwe Covid-19-gevalle is nou in Mpumalanga (20%) en 45 nuwe gevalle van die koronavirus is in hierdie provinsie aangemeld.

Dit word gevolg deur KwaZulu-Natal (18%), Gauteng (16%), die Wes-Kaap (13%), die Vrystaat (11%), die Noord- en Oos-Kaap (8% elk) en Noordwes (6%).

Landwyd is altesame 230 nuwe gevalle van die virus bevestig. Geen nuwe gevalle is in Limpopo aangemeld nie.

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 19
  • Vrystaat: 26
  • Gauteng: 36
  • KwaZulu-Natal: 42
  • Limpopo: 0
  • Mpumalanga: 45
  • Noordwes: 16
  • Noord-Kaap: 18
  • Wes-Kaap: 31
  • Totaal: 230

Die positiwiteitskoers staan in hierdie stadium steeds op 1,2% en 19 267 nuwe toetse vir die virus is sedert die vorige verslag gedoen.

Nog 14 nuwe sterftes is bevestig, wat die algehele sterftesyfer op 89 177 te staan bring.

Volgens Nios is net 11 mense sedert die vorige verslag in hospitale opgeneem en altesame 3 856 mense word steeds in hospitale landwyd vir Covid-19 behandel.

Altesame 16 263 dosisse van die Covid-19-enstof is Sondag toegedien. Dit sluit 3 279 tieners tussen die ouderdomme van 12 en 17 in. Altesame 133 515 kinders in hierdie ouderdomsgroep is reeds teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hondjie

Die getalle sal laag wees want daar word minder getoets….

annie

Het ons antie Pledge wat die wêreldleiers weer eens beïndruk het met SA se erge sorge en tekorte ook die nuwe pille teen covid vir ons gaan organiseer. Ons is mos altyd voor in die koor met verniet kry. Teen Desember is ons beloof om fase vier te betree. Wat gaan die nuutjie wees? Iets om mee te spog as de darling of de Universe?

Blomme

Tydsberekening goed. Hul hou hom nou so laag tot hul weer besluit die verkiesing is verby nou kan getalle maar weer styg!

Henk

Maar maskers moet ons dra… met net hoeveel mense wat ingeënt is nou weer? As daar nou net 240 gevalle in die land aangemeld is, is dit ‘n volle 0.0004% van die bevolking van SA. Ons word aan die neus rond gelei…

Andries

WDH. Elke provinsie kry kans om bo-op die lysie te wees.