Covid-19-statstieke: Minder as 2 000 nuwe gevalle

Verpleegpersoneel by die Charlotte Maxeke-hospitaal is onder die duisende werkers wat op die voorste linies van die Covid-19-pandemie werk. (Foto: Dept. van gesondheid)

Dr. Zweli Mkhize het Dinsdagaand die jongste Covid-19-syfers bekend gemaak en 1 742 nuwe gevalle van Covid-19-bevestig.

Die herstelkoers staan tans op 92%.

Altesaam 1 367 247 mense uit 1 479 253 wat tot dusver die virus opgedoen het, het reeds daarvan herstel.

Nog 396 sterftes is bevestig wat die syfer op 46 869 te staan bring. In die Oos-Kaap is 20 sterftes bevestig, ses in die Vrystaat, 81 in Gauteng, 85 in KwaZulu-Natal, 118 in Limpopo, 18 in Mpumalanga, drie in die Noord-Kaap en 65 in die Wes-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Hierdie goeie nuus is eintlik slegte nuus. Mense gaan nou dink die pandemie is verby, en dan slaple^. Soedoende is ‘n 3de piek weer onafwendbaar.

Jaco ·

toe die Desember skoolvakansie begin, toe is daar skielik 20000 Corona gevalle per dag en toe moet alle strande dadelik gesluit word. So WEG is wit mense se tradisionele vakansie by die see en WEG is wit toeristebesighede aan die kus se inkomste in wat gewoonlik die besigste tyd van die jaar is. En toe, ná die vakansie, toe is corona gevalle skielik 10 maal minder per dag as in Desember en kam strande maar weer oop. Vreemd, uiters vreemd. Ons anti-wit regering se aksies teen Corona is net 10% teen Corona self en 90% teen wit mense. Ramaphosa het immers self gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. So mark my words, die “3de golf” corona gaan net voor Paasnaweek begin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.