Covid-19-sterfgevalle styg in SA

Gesondheidsorgwerkers doen voorbereiding om mense te toets by Khayelitsha, Kaapstad (2 April 2020) (Foto: AP Photo/Nardus Engelbrecht)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistiek vir Suid-Afrika bekend gemaak.

Altesaam 1 845 persone het reeds positief getoets vir die nuwe koronavirus. Dit is ʼn styging van 96 van die vorige getal.

Nog vyf persone het gesterf. Dit bring die dodetal vir Covid-19-sterftes op 18 te staan.

Altesaam 63 776 toetse is tot dusver gedoen, ʼn styging van 5 678 toetse sedert die departement van gesondheid se laaste verslag.

Provinsiale uiteensetting van positiewe gevalle:
Gauteng – 782
Wes-Kaap – 495
KwaZulu-Natal – 354
Vrystaat – 88
Oos-Kaap – 45
Limpopo – 21
Mpumalanga – 21
Noordwes – 15
Noord-Kaap – 13
Provinsie onbekend – 11

Sterftes:
1. ʼn 48-jarige vrou van die Wes-Kaap
2. ʼn 85-jarige man van die Vrystaat
3. ʼn 79-jarige man van Gauteng
4. ʼn 46-jarige vrou van KwaZulu-Natal
5. ʼn 74-jarige man van KwaZulu-Natal
6. ʼn 63-jarige vrou van KwaZulu-Natal
7. ʼn 81-jarige vrou van KwaZulu-Natal
8. ʼn 80-jarige vrou van KwaZulu-Natal
9. ʼn 80-jarige man van KwaZulu-Natal
10. ʼn 82-jarige vrou van die Wes-Kaap
11. ʼn 86-jarige man van KwaZulu-Natal
12. ʼn 57-jarige man van die Wes-Kaap
13. ʼn 60-jarige man van KwaZulu-Natal
14. ʼn 55-jarige man van die Vrystaat
15. ʼn 77-jarige man van die Vrystaat
16. ʼn 49-jarige man van Gauteng
17. ʼn 52-jarige man van Gauteng
18. ʼn 70-jarige man van KwaZulu-Natal

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Leon

Ek verwag dat die meeste positiewe gevalle sal die 15 de en 16de April voorkom. Die massas wat SASSA geld gekry het, wat salarisse gekry het en winkels toe is die einde Maart gaan die syfer die hoogte in skiet. Die 23 ste tot 29ste April kan ons ‘n piek verwag in sterftes.

Michael 1

Ek vermoed hierdie getalle is waarvan hy en sy span kennis dra en nie die regte getalle soos dit is nie,pleks hy net eerlik is en ons die ware toedrag van sake gee.

Genis

Ek het n vermoede hierdie is net die begin…

Mathys

Net manlike en vroulikke sterftes, lyk my die 143 ander geslag mense is imuun?

Grassie

Dit lyk vir my die virus is soos plaasaanvallers en huisrowers – die bejaardes word geteiken. Die oues van dae word dus nou deur drie virusse gelyktydig geteister.