Covid-19: Sterfgevalle styg met sewe

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het Saterdagaand op 4 361 gestaan.

“Dit spyt ons om nóg sewe sterftes aan te meld, wat die getal sterftes op 86 te staan bring,” het Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.

Vier van die sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld, nog twee in die Wes-Kaap en een sterfte is in Limpopo bevestig.

Die episentrum van die virus is steeds die Wes-Kaap, waar 1 304 Covid-19-gevalle aangemeld is.  Dit word gevolg deur Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

Wêreldmalariadag

Wêreldmalariadag is intussen vandag gevier en Mkhize sê terwyl daar gewerk word om die Covid-19-pandemie te stuit, moet die stryd teen malaria nie uit die oog verloor word nie.

“Ons moet net so waaksaam wees terwyl ons voortgaan om die stryd teen oordraagbare en nie-oordraagbare siektes te stry,” het Mkhize gesê.

Mkhize het gesê die Wêreldgesondheidsorganisasie het vroeër ʼn beroep gedoen dat stappe wat gedoen word om Covid-19 te bekamp nie die voorkoming- en behandelingsdienste vir malaria ontwrig nie.

Baie van die beleid wat vir Covid-19 in werking gestel word, is ook gegrond op lesse wat geleer is uit die veldtog om malaria teen 2023 uit te wis, het die minister gesê.

Maroela Media is bewus daarvan dat daar soms teenstrydighede is in die Covid-19-syfers wat in berigte aangehaal en in grafieke aangedui word. Die syfers word egter net so oorgedra uit inligting wat van die departement van gesondheid ontvang word. – Red.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Kliek hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Michael 1 ·

Ek lees dat kubaanse dokter na suid afrika gebring gaan word om te help met die covid 19,ek dink dit is n skande as in ag geneem word wit studente word afgekeer om mediese te studeer agv kwota sisteme gebaseer op ras.

Stefan ·

7 per dag, dis baie erg, lyk my dit klim nou ook teen 10% per dag soos oorsee op hul hoogtepunt.
So van die os op die jas, ons moord syfer het voor die Corona op 55 per dag gestaan, weet iemand waar dit nou staan tydens die lockdown?

Gert ·

Wanneer getalle klein is kan persentasies misleidend wees. As daar bv. 1 sterfgeval is en dit gaan op met 100%, dan kom daar net 1 sterfgeval by. As daar 1000 sterfgevalle is en dit gaan op met 1%, dan kom daar 10 sterfgevalle by. Ek dink dit gaan nog redelik goed in SA op die stadium.

Rudolph ·

Dit Sal van Baie waarde wees as Jul grafiek plaas wat die drie peovinsies met hoogste syfers. Dan Kan ons bepaal waar daat n afname is of nie?

Anton ·

Hoeveel plaasmoorde was daar gewees in die afsondering tydperk?

Frans ·

Wat vir my die mees kommerwekkend is dat daar mense is wat hul glad nie aan enige inperkingsmaatreëls steur nie en dit is nie net in swart woongebiede nie.Waar ek my inkopies doen loop mense rond sonder enige beskerming,soos bv gesigsmaskers.
Van afstand handhaaf is daar geen sprake nie,dit rol van hul af soos water van ‘n eend se rug.

Willem ·

Wonder of kubaanse verpleeg personeel en sogenaamde dokters 14 dae by The Ranch moet deurbring

Frans ·

Wat my die meeste kwel is dat niemand wil erken dat die uitbreek die gevolg is van ongewenste menslike (bv eet wat jy nie moet eet nie)gedrag en dat wetenskaplikes wêreldwyd maar traag is om die wat daarvoor verantwoordelik is aanspreeklik te hou en daar net in vae terme na die oorsprong verwys word.

In sciencedaily.com word daar bv verwys na:”Coronaviruses are a large family of viruses that can cause illnesses ranging widely in severity. The first known severe illness caused by a coronavirus emerged with the 2003 Severe Acute Respiratory Syndrome (SARS) epidemic in China. A second outbreak of severe illness began in 2012 in Saudi Arabia with the Middle East Respiratory Syndrome (MERS).”

Is President Trump nou werklik so ver van die kol af,omdat hy nie ‘n wetenskaplike is nie,as hy die vinger direk na Sjina wys en dit ‘n Sjinavirus noem.Plaaslik is politici ook maar erg traag in die opsig,want anders kan die Sjinese-kraantjie dalk net opdroog.

Jaco ·

Die 3 provinsies met die meeste wit mense, kleurlinge en Indiërs het die meeste Covid-19 gevalle. Is dié syfers dalk gekook? “Te veel Covid-19 gevalle” kan nou gebruik word as gerieflike verskoning en dekmantel om daardie minderheidsgroepe verder ekonomies te onderdruk.

Hitler ·

Omdat waarheid deurgegee word, nie duimsuig soos die res nie. Dis skrikwekkend genoeg en nou nog lieg daaroor om goed/beter te “lyk”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.