Covid-19-syfers daal steeds  

ʼn Werker staan langs beddens wat gereedgemaak word om ʼn stadion in ʼn Covid-19-sentrum te omskep (Foto: Tauseef Mustafa/AFP)

Suid-Afrika het Sondag 5 931 nuwe Covid-19 gevalle aangeteken, wat beduidend minder is as die sewe dag gemiddeld van 7 860 nuwe gevalle en veel laer as Saterdag se 8411 nuwe gevalle. Dit volgens die jongste syfers wat die departement van gesondheid uitgereik het.

Minder toetse (41 027) is egter Sondag gedoen, in vergelyking met vroeër die week. Dit verteenwoordig wel steeds ʼn positiwiteitskoers van 14,5%, wat effens laer is as die koers wat Vrydag en Saterdag aangeteken is.

Soveel as 141 669 mense in Suid-Afrika het tans Covid-19 onder lede. Hiervan is net sowat 11 757 mense tans in die hospitaal opgeneem, wat beteken dat slegs sowat 8% van dié met Covid-19 in die hospitaal behandel word.

Altesaam 76 nuwe Covid-19-verwante sterftes is ook Saterdag aangeteken.

KwaZulu Natal het steeds die meeste nuwe gevalle (1 710) aangeteken, gevolg deur die Wes-Kaap (1 349) en die Oos-Kaap (871). Dié getalle is, soos verwag kan word, heelwat laer as Saterdag se uitslae.

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap871
Vrystaat541
Gauteng525
KwaZulu-Natal1 710
Limpopo87
Mpumalanga208
Noordwes255
Noord-Kaap385
Wes-Kaap1 349

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Mallie ·

Volgens my berekeninge is die Kaap die meeste met 2605 mense.

Gerhard ·

Frank ek hoor baie mense se dit maar ek kan nie help om te wonder tot wie se voordeel dit sou wees as dit waar is nie. Almal word hierdeur geraak.

Nicolaas ·

Ek sou eerder net sê die getalle is wel onder wat dit regtig is. Die probleem lê by die koste van die toetse. As jy vir ‘n grant van R350 wag gaan jy nie daai R350 gebruik vir ‘n rapid toets nie. Feite.

Francois Le Cochon ·

Nicolaas, baie mense laat hulle nie meer toets nie. Hulle weet wanneer hul covid het, en behandel hulself maar tuis. Eers as hul baie siek raak met dalende stuurstofvlak, en hospitaal toe gaan, toets die hospitaal hulle. Navorsing het ook intussen bereken dat ons werklike sterfte syfer aan covid, nader aan 200 duisend is.

Nicolaas ·

Dis wat ek sê, skuus my sin lees moeilik. Ons getalle in die media is vêr uit met wat werklik aan die gang is.

Francois Le Cochon ·

Frank, die laaste instansie wat die syfers audit is PWC. Hulle gee dit dan deur na die regering wat dit aankondig. Hoekom sal PWC dit manipuleer?

Francois Le Cochon ·

goodCOP, nee mens kan nie, maar in hierdie geval is die regering net die boodskapper.

Esme ·

Ek dink ons word steeds om die bos gelei. Hoevel Covid 19 gevalle agv die vaksien? Ek het die vraag al herhaaldelik gevra, maar die antwoorde ontwyk my. Ek weet wat in Israel gebeur – dit kry ek betroubaar op hulle kommunikasie stelsels, maar ek is steeds ‘clueless’ oor wat in ons land gebeur.

Thom ·

Om jou vraag te beanrwoord ___ geen . Die entstof ( daar bestaan nie ‘n afrikaanse woord soos jou ”
vaksien ” nie ) kan nie vir jou Covid gee nie omdat die virus in geen vorm in die entstof is nie .

Francois Le Cochon ·

Esme, jy noem nie vir wie jy al gevra het nie. Ons statistieke word gedoen deur wetenskaplikes, navorsers en aktuarisse. Dit word dan ge-audit deur John Hopkins Universiteit in Amerika, asook plaaslik deur Price Waterhouse Coopers. Daarna word die syfers aan die regering deurgegee wat dit dan bekend maak. My vermoede is dat jy tot nou toe die verkeerde mense vra. Probeer PWC. Hulle behoort jou die inligting te gee wat jy soek. Hoekom jy dit in elk geval benodig, weet ek nie. Die statistieke is eintlik net bedoel vir diegene wat dit verstaan, en gebruik om strategiese besluite te neem.

Cerci ·

141 669 uit ‘n populasie van 60.14 miljoen. Daar is meer mense wat gedurende die Covid lockdown sonder inkomste gelaat is. Meer mense wat nie weet wat hulle gaan doen om vanaand vir hulle gesin kos te gee, huur te betaal en om aan die basiese behoeftes te voorsien nie.

Francois Le Cochon ·

Cerci, jy is doodreg. Die covid cowboys gaan nog baie mense hul werk laat verloor.

VaalDonkie ·

Toemaar, die syfers sal begin klim voor ons moet gaan stem. Hou maar net bietjie vas.

Belinda ·

Wel ek hoop nie hul verslap die lockdown reels nie, want dan gaan die syfers net weer klim. Hulle moet dit net so hou vir ten minste nog n maand….. eks seker dit gaan baie help as dit so toegepas kan word. Al verslapping van lockdown reels kan wees dat drank verkope oor naweke oopgemaak word maar die curfew moet nogsteeds bly soos dit is.

Pietertjie ·

Ah. Sondag se syfers is laer as Sondag s’n. Dit maak sin…
Ek sien ook dat die CDC sy aansoek om registrasie van die Covid-PCR toetse by die FDA gaan terugtrek, en dat gewone PCR-toetse vir griep vanaf 1 Januarie 2022 gebruik moet word (kyk CDC webwerf) . Dus gaan almal wat positief toets vir griep, outomaties ook positief vir covid toets. As geen toetse meer gedoen gaan word nie, gaan die syfers dan as nul registreer, wonder ek.?

Frederik C ·

Covid raak nou ou nuus. Die daaglikse nuwe gevalle sal binnekort die daaglikse moordsyfer ewenaar.

Francois Le Cochon ·

Frederik C. Ek stem saam. Covid het die potensiaal om in die volgende aantal jare ‘n groot deel van die wereld se bevolking uit te wis. Dit is wel ou nuus, maar is nogsteeds met ons.

Karen ·

Wonderlik dan kan ons mos nou vry wees, en soos “voorspel” presies op 2 Desember 2021 weer onder lockdown gaan dan nie? Lag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.