Covid-19-syfers: Amper kwart van pasiënte reeds gesond

Die getal Suid-Afrikaners wat die afgelope maand positief getoets het vir Covid-19, kom te staan op 2 003. Dit is ʼn toename van 69 gevalle sedert Donderdag. Amper ʼn kwart hiervan (410) het egter sedertdien herstel, hoewel 24 mense al weens die virus dood is. Dit beteken 1% van positiewe gevalle het weens die virus omgekom.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het dié syfers tydens ʼn mediakonferensie Vrydag bekendgemaak.

Hy sê dit is belangrik om kennis te neem dat net twee van die mense wat tot dusver dood is, jonger as 63 jaar was. Dié oorledenes wat onderskeidelik 48 en 46 jaar oud.

Gauteng het steeds die meeste gevalle (801), dan die Wes-Kaap (541) en KwaZulu-Natal (412). Die minste gevalle is in die Noord-Kaap (15) en dan Noordwes (18). Die meeste sterftes is egter in Kwa-Zulu-Natal (12) en die Wes-Kaap (6) aangemeld. Gauteng en die Vrystaat het elk drie sterftes aangemeld.

“Meeste van die mense wat dood is, het reeds ʼn onderliggende siektetoestand gehad voordat hulle Covid-19 opgedoen het. Een van die oorledenes het fase 4- kanker gehad en die ander het aan hart-of longtoestande gely,” sê Mkhize.

Mkhize het ook bevestig dat die St. Augustine-hospitaal in Durban gesluit is. “Ek was in gesprek met bestuurders van Netcare. Die provinsie en hospitaal het intussen moeite gedoen om te verseker dat hulle voldoen aan al die veiligheids- en gesondheidsmaatreëls. Die provinsiale regering sal ook ʼn ondersoek doen om te bepaal hoe soveel mediese personeel in die hospitaal by pasiënte aangesteek het.”

Die minister sê die private en die openbare gesondheidstelsel werk saam as een gesondheidsdepartement.

“Indien die openbare sektor dus beddens kort, sal die private hospitale hul beddens beskikbaar stel vir pasiënte [wat nie mediese fondse het] nie.” Hy sê die regering het ʼn verantwoordelikheid om te verseker dat alle hulpbronne eweredig versprei word.

Mkhize sê wêreldwyd het die aantal Covid-19-pasiënte eksponensieel toegeneem.

“Lande soos die VSA, Spanje en Italië het almal begin met 42% toename en die getalle het toe vinnig gestyg. Japan, Singapoer en Hongkong kon egter daarin slaag om die verspreiding tot ʼn minimum te beperk.

“Suid-Afrika se syfers wys dat die vinnige optrede deur die regering om ʼn algehele afsondering aan te kondig, gewerk het. Dit het ons gehelp om die vinnige verspreiding van die virus te beperk. Daarom moet ons ag gee op die president se besluit om die tydperk van afsondering met twee weke te verleng en ons samewerking gee,” sê Mkhize.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sean ·

Nou meer as ooit moet ons self isoleer en op ons kniee bly Hy sal ons beskerm

Anel ·

Die privaat en openbare sektir werk saam as een gesondheidsdepartement. En daar het jy dit. Hulle wil nou bewys dat ons nie meer mediese fondse nodig het nie. En die met mediese fondse gaan na staatshospitale gestuur word en andersom. En as jy werklik siek is van iets anders as die virus gaan jy weg gewys word want daar moet plek wees vir ingeval daar iemand wat die virus het, op geneem moet word. Siek man. En hulle sê self dat meer as die helfde van die mense wat dood is nie aan die virus dood is nie. Ek dink nog steeds dat die histerie nie die gevolge regverdig nie. Ons land se ekonomie het kan dit nie bekostig nie. Hoekom word hulle nie so histeries oor die TB gevalle, vigsbesmetting, moorde en verkragtings nie.?

Kobus ·

Aan die Anel, Jan, en Kosie’s wat volhou dat die virus “histerie” oor niks in nie en bloot n verkoue is, lig julle in wat aan die gebeur is in die res van die wereld. SA is een van die min lande wat proaktief probeer optree, en ja daar is n prys, maar die alternatief is baie erger. Ek woon in N-Amerika, en by ons, sterf daar tans meer as 3 persone elke minuut- hul sterf alleen, sonder geliefdes. Dieselfde in UK en Europa. SA is so 3 /4 mde agter die
Kurwe en winter kom.
In van die ouetehuise is daar reeds 50% sterftes en ons verwag die draaipunt eers einde April, middel Mei. Geliefdes druk hul hande teen ruite van buite, die naasste wat hul kan kom aan die wat nog lewe in die tehuise. Hospitaal personeel leef in vrees oor selfinfeksies, tekorte en oor hul eie families se risiko. EN dit in n eerste Wereldland met beste mediese diens en geen gebrek aan geld of drs.. Gaan kyk CNN en youtube videos oor hoe dit tans lyk in ICU’s. Sterkte aan SA. Ps. my vrou is n Dr. in n Covid kliniek.

Jan ·

Nee wat kobus ek glo jou nie omtrent al die korona pasiente was reeds sterwend aan ander siektes en die amptelike sterftekoers van korona is 1.4 persent en ou angus buchan en ou prins charles makeer skielik net mooi niks nie…

Lizelle ·

Alweer oor Prince Charles en Angus. We get it. Hul is nou gesond. Dankie dit is nou die 6de keet wat jy dit vir ons sê

Lizelle ·

Ag dankie tog Kobus, dog dis net ek wie die 3 se kommentaar lees en kan nie help om te dink hoe oningelig kan mens wees. Sterkte vir jou en dankie vir jou vrou

joritha ·

Neem in ag teen die aantal toetse wat gedoen word kan hier nog n lelike ding kop uitsteek. Ons is defnitief nie op standaard met die toetse nie.

Niklaas ·

Dis net ongelooflik watter impak hierdie vreeslike virus het op die planeet. Selfs begrafnisse is moeilik om te reel. Dan wag ook swaar dae vorentoe dalks vanuit ‘n finansiële oogpunt, Maar ons moet positief probeer bly.

Jan ·

Die planeet se bevolking het nie afgeneem nie khk maar na die aantal begrafnisnotas

Jan ·

Ag mense hoekom makeer prins charles en ou angus buchan nou skielik niks nie en in china is daar ook skielik nul gevalle van die korona nie en hulle ekonomie is up en running…gaan kyk geus op youtube na david icke se videos oor corona

Kobus ·

Jy het onlangs dieselfde geskryf oor Boris Johnson… gaan maar aan met die volstruis taktiek, maar wys ten minste empatie met die wat hul lewens verloor en die wat hulle lewens waag om ander te red. Dis nie net statistiek(%) nie, elke syfer is n mens, n geliefde, n gesin of familielid. Of jy 80 is of 20, die 1 lewe is nie minder werd as die ander nie. As jy so dapper en onsterflik is, bied jou dienste aan om mense te help wat die virus het, en berig dan aan ons. Sterkte aan almal in SA veral in die tyd.

Lorinda ·

Ek werk in ‘n privaat psigiatriese kliniek. Ons gebruik geen PPE ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.