Covid-19-tenders: Oos-Kaapse staatsamptenare ondersoek

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

ʼn Ondersoek na tien staatsamptenare van die Oos-Kaap is van stapel gestuur nadat dit aan die lig gekom het dat dié amptenare na bewering sake met die staat doen te midde van die Covid-19-pandemie.

Dié ondersoek kom nadat Mlungisi Mvoko, provinsiale LUR van finansies, na bewering bevind het dat werknemers van die plaaslike regering betrokke was by Covid-19- verwante sake met die provinsiale regering. Dié sake hou glo verband met R24 miljoen se kontrakte vir persoonlike beskermingstoerusting (PPE).

Volgens Mvoko oortree staatsamptenare die regulasies wanneer hulle sake met die regering doen.

Die tesourie het nou die administrasie in die Oos-Kaap tot Woensdag gegee om te verduidelik hoe tenders na bewering aan staatsamptenare toegeken kon word.

News24 berig Daluhlanga Majeke, tesouriehoof in die Oos-Kaap, het intussen briewe aan die betrokke werknemers gestuur en hul bestuur versoek om die saak te ondersoek.

Majeke het ook die staatsamptenare gewaarsku dat hulle moontlik strafregtelik vervolg kan word.

Die onthulling kom nadat die provinsiale tesourie in die Oos-Kaap besluit het om die name van al die ondernemings wat dienste aan die regering lewer te publiseer in die lig van verskeie bewerings van korrupsie te midde die Covid-19-pandemie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PieterP ·

Bla bla, ondersoek deur wie? En die uitslag sal wees? Ja so gedink.

The Painter ·

Daar’ hy nou … sommer net gou vir hulle gesê
“staatsamptenare julle is gewaarsku dat julle moontlik strafregtelik vervolg kan word ok?” Moet dit nou nie weer doen nie hoor? – ha ha ha ha

Persheks Adri ·

Weer ‘n vriend van ‘n vriend en die korrupsie hou nie op nie. Wanneer word NDZ en haar kinders vervolg? Dis wat ek graag wil weet!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.