Covid-19: Tientalle verpleegkundiges wag steeds vir salarisse

(Argieffoto: SJ Objio/Unsplash.)

Soveel as 80 verpleegkundiges by die Dr. George Mukhari-hospitaal in Pretoria het steeds nie salaris vir Julie ontvang nie. Dié verpleegkundiges is op ’n kontraktuele basis by dié hospitaal aangestel met die oog op die Covid-19-pandemie.

Die Gautengse departement van gesondheid het Dinsdag in ’n verklaring gesê Jacob Mamabolo, die waarnemende LUR van gesondheid in Gauteng, het nou opdrag gegee dat ’n omvattende verslag opgestel word met betrekking tot alle probleme by alle fasiliteite in die provinsie sodat gesondheidswerkers nie verder verontrief word nie. Hy het versoek dat die verslag teen die einde van vandeesweek gereed sal wees.

Mamabolo het ook die betrokke verpleegkundiges daarvan verseker dat hulle hul vergoeding teen einde Augustus sal ontvang.

Luidens die verklaring het die provinsiale departement meer as 681 verpleegkundiges in die huidige boekjaar aangestel om Gauteng se arbeidsmag aan te vul as deel van die provinsie se reaksie op Covid-19.

Soveel as R500 miljoen is begroot om gesondheidswerkers, waaronder verpleegkundiges, op kontraktuele basis aan te stel in die stryd teen die koronavirus.

“Dit is eenvoudig onaanvaarbaar dat hierdie werkers nie betaal word nie. Ons kan nie verwag dat werkers in die voorste linie die stryd teen die koronavirus moet lei terwyl ons hulle in die steek laat wat vergoeding betref nie,” het Mamabolo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

En wat het van die wonderlike kubane geword? Leef seker lekker hulle geld uit wat hulke so mahala gekry het. Terwyl hardwerkende mens niks kry nie!!!!

Blikke ·

Ja nee….glad nie verbaas nie…..wonder mos nou of daar iets oor is van die 500miljoen wat begroot is?
En die trein stoom rustig voort!!!

Miskruier ·

Sommige mense is absoluut verrot! Die versamelnaam vir hulle is ANC.

Willem ·

Die kubane is seker betaal,weet nie juis waar hulle werk of wat hulle doen nie want het nog nooit weer van hulle gehoor nie,maar ons gesondheidswerkers is nie betaal nie

lon ·

hulle werk as admin mense, want hulle verstaan nie ons tale nie nou kry hulle hierdie enorme salarisee, net blykbaar om as admin deel te neem

Jakes ·

Sal my nie verbaas as hierdie geld ook voete gekry het nie. Is daar iewers net een ding wat hierdie mense ordentlik kan uitvoer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.